Monday, 1 September 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Mag U liefde die vingerafdruk wees wat ek nalaat

Leer my, God van Liefde, om U so te dien dat ek sal gee sonder om die prys te bereken; sal liefhè sonder om te vrees; sal dien sonder 'n gedagte aan beloning. Mag U liefde die vingerafdruk wees wat ek nalaat op elke lewe wat my pad kruis. En dankie dat ek hierdie gebed kan deel met so 'n spesiale leser soos die èèn wat nou hierdie boodskap lees ... Seën haar of hom en omvou hulle met U liefde én vrede. Mag die HERE jou in die palm van SY hand dra en jou ryklik seën! Amen!

No comments:

Post a Comment