Monday, 22 September 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Gebed van dankbaarheid

Dankie, Here, vir U oorvloedige genade en barmhartigheid wat elke dag nuut is. Ons dink aan die Skrif wat sê: "Veel meer sal ons wat die gawe van geregtigheid en oorvloed van genade ontvang het, in hierdie lewe heers deur Jesus Christus (Rom. 5:17). Here, wanneer ek U dank dan verdwyn my bekommernisse en swaarmoedigheid. Help my om altyd dankbaar te wees. Help my om dankbaar te lewe. Ons kla en murmureer gedurig - ons vind daagliks fout - leer my om ook dankbaar te wees vir alles waarmee ek foutvind. Dankie vir sonskyn en dankie vir die reën wat op die regte tyd val. Dankie vir voëlgesang in die oggend en dankie vir my bure, vir mense wat vir my omgee. Dankie vir elke goeiemôre-WA en dankie dat ek ook vir hulle kan bid wat U só nodig het. Dankie dat U 'n goeie Vader is. Dankie dat ek U poorte met lof en danksegging kan ingaan. Amen.

No comments:

Post a Comment