Showing posts with label Marguerite Pienaar. Show all posts
Showing posts with label Marguerite Pienaar. Show all posts

Tuesday, 14 January 2025

Statistiek: 139 000 welkome e-besoeke


14 Januarie 2025 het ons aantal e-besoeke op 139 000 gestaan. Dis so lekker om te weet daar is lesers wat in Ons Huis se wel en weë belangstel! 'n Groot Ons Huis-dankie vir elkeen wat die blog so gereeld besoek. Dankie vir al die bydraes wat so gereeld op ons tafel beland. Dankie vir al die positiewe kommentaar wat sommer so padlangs gestuur word, dis die brandstof vir al die werk wat gedoen word. 

'n GROOT DANKIE aan elke medewerker wat só gereeld bydraes stuur. Julle sterk ons hande!
  • Liz de Koker
  • Elmari Guy
  • Marguerite Pienaar
  • Rosetta Venter
  • Valerie Kilian
  • Millie Mouton (deel van die Saterdag-engele)
  • Pieter Swanepoel

Friday, 3 January 2025

LOL: For the older generation!

1. When one door closes and another door opens, you are probably in prison.
2. To me, "drink responsibly" means don't spill it.
3. Age 60 might be the new 40, but 21:00 is the new midnight.
4. It's the start of a brand new day, and I'm off like a herd of turtles.
5. The older I get, the earlier it gets late.
6. When I say, "The other day," I could be referring to any time between yesterday and 15 years ago.
7. I remember being able to get up without making sound effects.
8. I had my patience tested. I'm negative.
9. Remember, if you lose a sock in the dryer, it comes back as a Tupperware lid that doesn't fit any of your containers.
10. If you're sitting in public and a stranger takes the seat next to you, just stare straight ahead and say, "Did you bring the money?"
11. When you ask me what I am doing today, and I say "nothing," it does not mean I am free. It means I am doing nothing.
12. I finally got eight hours of sleep. It took me three days, but whatever.
13. I run like the winded.
14. I hate when a couple argues in public, and I missed the beginning and don't know whose side I'm on.
15. When someone asks what I did over the weekend, I squint and ask, "Why, what did you hear?"
16. When you do squats, are your knees supposed to sound like a goat chewing on an aluminum can stuffed with celery?
17. I don't mean to interrupt people. I just randomly remember things and get really excited.
18. When I ask for directions, please don't use words like "east."
19. Don't bother walking a mile in my shoes. That would be boring. Spend 30 seconds in my head. That'll freak you right out.
20. Sometimes, someone unexpected comes into your life out of nowhere, makes your heart race, and changes you forever. We call those people cops.
21. My luck is like a bald guy who just won a comb."

Credits goes to the respective author

[Thank you, Marguerite!] 

Sunday, 11 February 2024

Ek is ...

EK is vir jou 'n put, bodemloos met geduld
EK is vir jou 'n spruit, bruisend met hoop
EK is vir jou 'n rivier, vloeiend met genade
EK is vir jou 'n oseaan, groot met liefde

EK is vir jou die wind, strelend oor jou siel
EK is vir jou die son, warm in jou hart
EK is vir jou die reën, sag op jou gees
EK is vir jou die maan, hangend oor jou lewe

Wees jy vir My 'n kind van geloof 
Wees jy vir My 'n arm van vrede 
Wees jy vir My 'n woord van vergifnis
Wees jy vir My 'n hand van gebed

Wees jy vir My 'n aanbidder,
EK is vir jou 'n GOD
Wees jy vir My 'n navolger,
EK is vir jou Herder
Wees jy vir My 'n leerder,
EK is vir jou 'n Meester
Wees jy vir My 'n dienskneg,
EK is vir jou Heer

[Dankie, Marguerite, vir hierdie treffende stukkie versekering wat jy met die lesers deel.]

Monday, 29 January 2024

'n Woestyngedig ...

Die Namib-woestyn

Verlate, verdor, deur die lewe verstoot,
Is my wese verbitter met nyd,
En ek voer in die diens van my Meester, die Dood,
Met alles wat lewe ‘n stryd.
Heet soos my sonskyn en diep soos my sand
En hard soos my berge se rots,
Is die wreedheid van weerwraak wat binne my brand
Met die haat van gekrenkte trots.

Geen skoonheid, geen skadu, geen groenheid of gras,
Geen vleie my vaalte versier;
Seëvierend verdryf ek indring’rig gewas
En folter vir mens en vir dier:
Ek teken mirages uit tergende spot
Vir verdwaaldes, gemartel deur dors,
En my sande dans juigend met helse genot
Oor geraamtes verstrooi op my bors.

Maar saans as die mis oor my west’like strand
Soos ‘n lykkleed my kaalte bedek,
En die nagwinde kerm oor my eind’lose sand
En skadu’s my lengte oorstrek-
Dan word ek meteens met weemoed omgewe,
Al bly ek hoogmoedig en wreed,
En ek smag na die wellus van groenheid el lewe,
En sug in my eensame leed.

E A Schlengemann

Uit “Land van Sonlig en van Sterre"
‘n Bundel gedigte oor Namibië
Saamgestel deur Daniel Hugo

[Klik HIER vir nog inligting - hierdie gedig is getoonset deur Lorri Raaths]
Sesriem-duine
Sesriem Canyon

[Foto's: Marguerite Pienaar - klik HIER vir nog Namib-foto's en -gedagtes.]

Trek jou stapskoene aan en kom stap op 'n Maandag deur die Namib woestyn

Begin Oktober: “Ons gaan Desember Namib se duine klim, jy kan nie met sandale loop nie, die sand word baie warm en sal jou voete blase brand."

In my twintiger jare was ek al in die Namib, dus weet ek die duine is hoog, die sand diep, los en warm. Dit sal middel somer wees en woestyn is dan uiters warm - so begin dink ek: mens sal moet genoeg water, nee baie, moet saamdra, lap sonhoed, sonbril, sonbrandmiddel, selfoon, ekstra skoene, room vir skaafplekke en wat nog? Ek sal moet baie ligte klere kry, stapsokkies – o nee, dis te warm!

So word ek verder nog ingelig ook: “Jy kan nie ‘n klomp goed saamdra nie, net jou een ligste kamera!”

Ek wonder darem daaroor! Sê nou mens verdwaal daar - alles lyk daar alkante toe dieselfde sodat jy later nie meer weet nie!

Gaan my bene dit ooit in daardie los woestynsand hou? Ek stap so nou en dan en oefen so bietjie, maar dis beslis nie genoeg nie. Net daar stel ek my oefenfiets se band stywer, ‘n maand later nog stywer - ek oefen nou minstens vyf keer ‘n week en stap naweke ook ‘n paar kilometer.

Steeds dink ek, beplan, koop ‘n lap sonhoed, kry my stapstewels reg, koop nog ‘n paar toe skoene waardeur sand hopelik nie sal gaan nie, koop dun somersokkies en ook ‘n paar wat my moet beskerm teen blase kry. My dag-rugsak gaan saam met alles wat noodsaaklik is daarin!

Die tyd breek aan. Ons is deur die Kgaligadi, deur die grenspos daar, eet genoeg by ‘n plaasstal en koop die laaste nodige proviand – dis nou braaivleis vir twee aande en ek koop 10 ℓ water vir die volgende twee dae ( ek gaan mos baie dors word!)

Eers is ons by die Sesriem canyon waar ons 'n paar uur lank rondloop en foto’s neem, ek met die paar goed soos beplan in my ligte rugsak. Hoewel ek al voorheen verskeie dagstappe gedoen het, voel hierdie anders, sommer heel anders omdat dit in die woestyn is.

Die volgende oggend is ek al voor 05:00 op, gelukkig is dit somer en begin dit al so effens lig word. Ons moet 06:00 by die Naukluft park se ingang wees, want ons ry eers 'n hele ent deur los sand, dan moet ons oor die duine loop terwyl die sand nog koel en vas is, ons wil foto’s neem van die sonsopkoms oor die duine. Die terugkom gaan moeilik wees as die sand eers warm en los is en daar nog mense inkom wat die sand verder lostrap.

Gestewel met my rugsak met twee 500 mℓ bottels water,’n klein houertjie yogurt en pakkie droë vrugte, pak ons die duine aan. Dis bewolk met effens mis oor die kruine van die duine, en nogal koud, gelukkig toe nie so uiters warm nie. Daar is paaltjies ingeplant wat die roete aandui waarop ek my oog hou. Dit gaan goed. Daar is net so twee of drie ander mense ook.

Oor nog twee duine sak ek af na n groot plat vallei, ‘n wit kol sand met dooie droë stompe en dooie bome wat nog regop staan, Dooievlei genoem – ‘n gesig uit ‘n ander tydvak, ongelooflik! Mooi, maar staties , leweloos – soos in ‘n sprokie, ‘n oase wat skielik doodgegaan het, maar tog behoue gebly het.

Volgens die inligting het die weerpatrone ‘n 1000 jaar gelede skielik permanent verander, kry dit nou geen reën meer nie, die vog selfs so min dat die boomstompe nie eens kon verrot nie. Dit het alles net uitgedroog.

Dis stil, doodstil, die wit sand hard en versteen. Elkeen loop sy eie rigting, kyk hier, dan daar, neem foto’s van hierdie verlate versteende sprokiesland. Jy kyk, jy dink, jy wonder, daar is geen geluid of roering nie. Net die effense mis op die kruine van die duine verdwyn. Ek verwonder my aan hierdie doodse skoonheid. Nog huiwer ek, kyk ‘n laaste keer weer, stap dan terug, gemaklik, al is die sand nou losser.

Meer mense kom nou oor die duine aangestap. Ek is egter bly ons was vroeg en feitlik alleen daar om die stilte, ongereptheid en afsondering van die sprokiesvallei te ervaar. Dis steeds bewolk, dus is dit nie so uiters warm nie. Die kleure sou soveel helderder wees in sonskyn vir foto’s, maar ons is dankbaar. Nou gly ons wel in die diep los sand met die terugry, maar sit darem gelukkig nie vas daarin nie. Hierdie onherbergsame, stil, afgesonderde wêreld het soveel verskeie voorkomste soos wat die weer verander, en net soveel onverwagte vreemde skoonheid!
 
Ook hier hou God Sy hand oor alles en ons almal – so duidelik aan die onweerstaanbare skoonheid daarvan!

Sossusvlei, Duin 45
Sossusvlei

Sossusvlei, Duin 45
Dooievlei met mis op die kruin van duin
Dankie, Marguerite, dat jy al ons lesers wat nie meer op 'n staptog kan gaan nie, saam met jou op hierdie staptoer Namibië toe geneem het. Ons het, uit die gemak van ons stoel, baie lekker saamgeloop.

Klik HIER vir nog foto's en 'n bekende gedig oor die woestyn.

Thursday, 18 January 2024

Mag-dom en Stry-dom van Groblershoop en ander vriendelike padverbruikers

Op pad na Kgalagadi
Algemene gesig in die Kalihari
Op pad na Kgalagadi
Mag-dom en Stry-dom: die sterre van die storie!

Die Kalahari-donkies op die foto's kom van 'n klein Nama-Koi dorpie, genaamd Welkom af. Dié Welkom is 'n bietjie kleiner as die Goudveldse naamgenoot in die Vrystaat.
Klik HIER om die storie agter die foto's te lees. Geniet dit!!

Foto's: Marguerite Pienaar

Wednesday, 17 January 2024

Heerlike donkiegedagtes om die onthou in trurat te sit


Groblershoop – ons gooi diesel in. Ek klim af om bene te rek, sien die donkiekarretjie raak en gryp my kamera.

‘n Donkie maak altyd so ‘n outydse, tydlose foto van rustigheid. Ek vra eers toestemming, gesels’n bietjie, vra name, ook van die donkies - dis Magdom en Strydom. Ek groet hul met goeie wense vir die nuwe jaar en ‘n donasie.

Weer op pad herkou ek aan die donkiename - besef dis eerder Mag-dom en Stry-dom - dis ook nie verniet nie!

Ja, baie interessant, veral as ek terugdink aan vroeëre kuierplaasdae. Ja-nee, kyk, ‘n donkie is 'n steeks ding, ‘n moeilike een om iets te laat doen, al lyk Vaaltyn so rustig! Saggeaard? Glad nie, hoor! Vandaar die spreekwoord, steeks soos ‘n donkie -  nie verniet nie! Hulle wil nie gery word nie, word ook nie maklik ingespan nie.

Natuurlik, daarvandaan die name:
Mag-dom - dom donkie wat nie verstaan nie, wat ook met mag en mening teëstaan om ingespan te word.
Stry-dom - nog ‘n dom donkie wat stry en baklei teen ingespan te word.

(Dom donkie - ook ‘n ou sêwyse - vandag beslis uitgedien!)

Nouja, dié dat hul die donkies nie uitspan nie, maar laat staan en wag met die karretjie totdat die manne klaar hul drankies vir Krismis gaan koop het.

Ek onthou nog hoe my Pa vertel het van die donkievangery en inspan, eers voor en dan weer na skool.

Hierdie donkies was mak genoeg dat ek hul op die neus en hul ore kon streel - ek hou steeds van donkies, hul is vir my mooi, pragtig, het elkeen 'n eie persoonlikheid en herinner my aan ou vervloeë kinderdae toe ons met hul gespeel 
en hul probeer ry het.

Geniet elkeen se donkie-herinneringe!

[Dankie, Marguerite, vir hierdie heerlike reisgedagtes wat jy met die lesers deel - verseker gaan elkeen sy eie onthou hierby voeg. Klik HIER om foto's van Magdom en Strydom en nog dierbare donkies te sien. Geniet!]

Sunday, 3 September 2023

Seisoene


[Dankie, Marguerite, wat hierdie treffende stukkie met die lesers deel. Dit kom uit Milanie Vosloo se mini Bybeldagboek, Woorde wat leef.] 

Sunday, 9 August 2020

Blomme en voëlsang op Vrouedag


Dankie, Marguerite Pienaar, dat jy hierdie
besondere video met ons deel. Ons weet
almal dat die natuur die heel beste medisyne
vir die mens se gemoed is. Wanneer die 
kamermure druk, veral in hierdie Covid-tyd,
bring dit bring vrede in die kleine.

Saturday, 16 February 2019

VITAMIN F


Why do I have a variety of friends who are all so different in character ? How can I get along with them all?              

I think that each one helps to bring out a "different" part of me.

* With one of them I am polite.

* I joke with another friend.

* I sit down and talk about serious matters with one.

* With another I laugh a lot.

* I listen to one friend's problems.

* Then I listen to another one's advice for me.

My friends are all like pieces of a jigsaw puzzle. When completed they form a treasure Box !!!

We all pray for each other.

Even Doctors tell us that friends are good for our health.

Dr. Oz calls them Vitamin F (for Friends) and counts the benefits of friends as essential to our well being.      

Research shows that people in strong social circles have less risk of depression and terminal strokes. 

If you enjoy Vitamin F constantly, you can be up to 30 years younger than your real age. 

The warmth of friendship stops stress and even in your most intense moments it decreases the chance of a cardiac arrest or stroke by 50%.

*I'm so happy that I have such a huge stock of Vitamin F.

[Dankie aan Marguerite Pienaar, een van ons getroue lesers, wat hierdie vitamine-wenk met ons gedeel het. Dit is duidelik dat ons almal in ons besige lewens 'n tekort aan hierdie belangrike vitamine het.]   

Sunday, 30 September 2018

Ewige vriend

Jesus, wees vandag my Vriend:
Een wat by my kom sit en luister
sonder dat ek hoef te praat;
Een wat my hart vashou
wanneer ek my hand uitsteek;
Een wat die dinge verklaar
voordat ek dit wil verstaan;
Een wat die seerkry
wat ek nie kan huil nie, afdroog,
en Een wat met my glimlag
oor 'n nuutgevonde Vriendskap.

Wees vandag my ewige Vriend.

[Mev. Marguerite Pienaar deel graag hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo met al die lesers en veral inwoners van Ons Huis]

Sunday, 9 September 2018

Van 'n Vrystaatse leser ...

Baie dankie vir jou gereelde terugvoer en boodskappies wat jy sommer so via WA stuur. Dankie ook vir die besondere gedig wat jy vandag met ons deel. 

MY SOUL HAS A HAT

I counted my years
& realized that I have
Less time to live by,
Than I have lived so far.

I feel like a child who won a pack of candies:
at first he ate them with pleasure
But when he realized that there was little left,
he began to taste them intensely.

I have no time for endless meetings
where the statutes, rules, procedures & internal regulations are discussed,
knowing that nothing will be done.

I no longer have the patience
To stand absurd people who,
despite their chronological age,
have not grown up.

My time is too short:
I want the essence,
my spirit is in a hurry.
I do not have much candy
In the package anymore.

I want to live next to humans,
very realistic people who know
How to laugh at their mistakes,
Who are not inflated by their own triumphs
& who take responsibility for their actions.
In this way, human dignity is defended
and we live in truth and honesty.

It is the essentials that make life useful.
I want to surround myself with people
who know how to touch the hearts of those whom hard strokes of life
have learned to grow with sweet touches of the soul.

Yes, I'm in a hurry.
I'm in a hurry to live with the intensity that only maturity can give.
I do not intend to waste any of the remaining desserts.

I am sure they will be exquisite,
much more than those eaten so far.
My goal is to reach the end satisfied
and at peace with my loved ones and my conscience.

We have two lives
& the second begins when you realize you only have one.

[Beautiful poem by Mario de Andrade (San Paolo 1893-1945) Poet, novelist, essayist and musicologist.]