Sunday 30 September 2018

Ewige vriend

Jesus, wees vandag my Vriend:
Een wat by my kom sit en luister
sonder dat ek hoef te praat;
Een wat my hart vashou
wanneer ek my hand uitsteek;
Een wat die dinge verklaar
voordat ek dit wil verstaan;
Een wat die seerkry
wat ek nie kan huil nie, afdroog,
en Een wat met my glimlag
oor 'n nuutgevonde Vriendskap.

Wees vandag my ewige Vriend.

[Mev. Marguerite Pienaar deel graag hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo met al die lesers en veral inwoners van Ons Huis]

No comments:

Post a Comment