Saturday 22 September 2018

Landsdienslede met groen vingers ...

Lente is in die lug en orals bot bome en begin die lenteblommetjies hulle kop uitsteek. Ons hier by Ons Huis is baie lief vir blomme en mooi tuine, maar ons kan dit nie meer self doen soos in ons jonger dae nie. 'n Uit-die-hart-dankie vir  Laerskool Staats se Landsdiens-kinders wat Dinsdag, 18 September 2018 kom blommetjies plant het by die kliniek van Ons Huis. Dit lyk pragtig en blomme wat met soveel liefde geplant is, gaan baie lank blom! Besoek gerus die ACVV se FB vir nog interessante foto's!








No comments:

Post a Comment