Saturday 15 September 2018

'n Besoek aan Mokala ...

Mokala is SANpark se nuutste park en ons het die uitstappie soontoe baie geniet. Dit is ongeveer 70 km suidwes van Kimberley op die N12 Kaapstad toe. Mokala bied ook 'n verskeidenheid blyplekke vir diegene wat 'n naweek van die stadsbedrywighede wil vlug. Ons het heel rustig by 'n uitkykpunt gesit en peusel aan ons kospakkies wat baie keurig verpak is. 'n Groot dankie aan elkeen wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het.

Gaan besoek gerus die ACVV FB vir nog foto's.





No comments:

Post a Comment