Showing posts with label Waarheid. Show all posts
Showing posts with label Waarheid. Show all posts

Friday, 10 October 2025

Vrydag-flits: 4 dinge om te onthou wanneer mense sleg van jou praat

1. Hul woorde sê meer van hulle as van jou!
Mense praat dikwels uit hul eie seer, jaloesie of onsekerheid. Wat hulle sê, weerspieël hul hart, nie jou waarde nie. 
“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” - Matteus 12:34

2. God ken die waarheid!
Jy hoef nie elke valse woord te probeer regverdig nie. God sien jou hart en Hy sal jou karakter beskerm. Laat Hom jou verdediger wees.
“Geen wapen wat teen jou gevorm word, sal voorspoedig wees nie, en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy veroordeel.” - Jesaja 54:17

3. Stilte is soms krag! 
Jy hoef nie op elke kritiek te reageer nie. Stilbly beteken nie jy is swak nie, dit wys dikwels wysheid en dat jy seker is van wie jy is.
“Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees.” - Eksodus 14:14
⸻
4. Hou aan loop in liefde!
Moenie toelaat dat bitterheid jou hart besmet nie. Vergewe, wees ’n seën en gaan aan met jou lewe. Jou reaksie is jou getuienis.
“Moenie jou deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.” - Romeine 12:21

Laat jou lewe harder praat as hul woorde. 

[Geleen]

Friday, 25 July 2025

Wie is ek?

Ná Aftrede: Wanneer die speletjie verby is ...

Ek het onlangs 'n stuk gelees wat my diep getref het - en ek wil dit graag met julle deel. Dit laat mens besin oor wat oorbly wanneer ons titels, rolle en statusse vervaag. Ekself het my loopbaan in die motorbedryf met trots en passie uitgeleef. Daar was hoogtepunte, prestasies en baie ure van harde werk. Maar nou, ná aftrede, vra ek myself af: Wat beteken dit alles vandag? Wie is ek nou?

Die storie wat tot my gespreek het:

’n Senior uitvoerende bestuurder het afgetree en uit sy luukse amptelike woning na 'n gewone woonstel verhuis. In sy nuwe omgewing het hy homself steeds as belangrik gesien en hom van ander gedistansieer. Tot op 'n dag toe 'n ander ouer man met hom begin gesels het. Hierdie nuwe vriend het geduldig geluister terwyl die afgetrede bestuurder herhaaldelik vertel het van sy belangrike posisie en hoë status.

Eendag sê die ander man sagkens: “Na aftrede is ons almal soos gebruikte gloeilampe. Dit maak nie saak watter watt jy was, hoe helder jy geskyn het, of watter tipe lamp jy was nie - LED, halogeen, fluoresserend - as jy klaar is, is jy klaar. Nou is ons almal net gloeilampe wat nie meer brand nie.”

Hy het verder gesê: “Daardie man oorkant was ‘n majoor-generaal in die weermag. Daar sit ‘n professor. Ekself was vir twee termyne ‘n parlementslid. Maar niemand praat daaroor nie, want ons weet: wie ons was, is nie meer wie ons is nie. Wat nou saak maak, is wie jy is in die nou.”

Daardie eenvoudige gesprek bevat ’n waarheid:
👉 Ons waarde lê nie in die titels wat ons dra of die poste wat ons beklee het nie.
👉 Ons moet leer om innerlike vrede te vind, om eenvoudig net mens te wees.
👉 Ons moet ophou bestaan en begin leef - met vreugde, met nederigheid, en met omgee vir ander.

'n Bybelvers wat my daaraan herinner, is Prediker 3:1–2:
    “Vir alles is daar 'n bepaalde tyd, 'n tyd vir elke saak onder die hemel: 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe; 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te trek wat geplant is …”
En ook Miga 6:8:
    “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is: en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen, liefde en trou te bewys, en nederig saam met jou God te wandel?”

Laaste gedagtes vir my medereisigers in Die Lewe:
    ☀️Wanneer jy die son sien opkom, onthou dat beide die opkomende en ondergaande son mooi is - maar net een word geprys.
   🙌 Wanneer jy na die maan kyk, sien jy God se skoonheid.
    🙌Wanneer jy in die spieël kyk, sien jy Sy beste skepping: JY.

Ons is almal pelgrims op reis - God is ons Reisagent. Hy het reeds ons roetes en bestemmings bepaal. Vertrou Hom en leef voluit.

Moenie vergeet nie:
👉 Besoek ‘n hospitaal - en jy sal besef niks is mooier as gesondheid nie.
👉 Gaan na ‘n tronk - en jy sal leer hoe kosbaar vryheid is.
👉 Besoek ‘n begraafplaas - en jy sal verstaan hoe tydelik die lewe is.

Laat ons leef met die vrees van God en respek vir mekaar.
Laat ons gee, selfs al is dit klein.
Laat ons onthou: Na die speletjie keer die koning en die pion terug na dieselfde kis.
Mag ons die lewe waardeer, saam lag, en vir mekaar sorg - met nederigheid en dankbaarheid.

[Aangestuur deur Babsie Swanepoel]

Monday, 4 November 2024

Maandagoggend-waarheid

Marie Moses, 'n jarelange inwoner van Kimberley, het vanoggend 'n gesprek gedeel wat sy en haar kinders oor die naweek gehad het.

Sy het hulle herinner aan die bekende, sowel as die onbekende. 

"Ons ken ons geboortedatum - dag, maand en jaar - ons weet wanneer die seisoene verander en die somer aanbreek. Maar ons ken nie ons terugkeerdatum nie. Net God alleen weet dit."

[Gaan lees gerus die onderhoud HIER wat met Marie in 2019 gevoer is.]

Friday, 13 October 2023

So mooi en waar

Wonderwerke gebeur daagliks rondom ons. Ons moet net ingestel wees om dit raak te sien.

"As jy net sou terugkyk op die pad wat jy al gestap het tot hier, sal jy elke wonderwerk sien wat Ek in jou midde gedoen het. Hou vas aan My, al vat die wonderwerk lank, onthou dit: Ek werk nog aan jou, My kind. Het jy agtergekom dat die aanslae en storms wat jou getref het, jou nader en nader aan My laat beweeg het? Die Here sê omdat jy My genader het, sal Ek na jou nader.

Dalk voel jy asof jy teen 'n muur vasbid, vra jy vir hulp, maar jy kry nie antwoord nie ... God sê: My skatkamers in die hemele is oop vir jou, Ek hou niks van jou terug nie. Hou op om te twyfel, en vat wat Ek vir jou wil gee. Ek stort oor jou uit: My salwing, My heerlikheid en My goedheid. Ek oorlaai jou met oorvloed, guns, voorspoed en beskerming ... vat wat jy nodig het, my kind.

[Dankie, Anoniem, vir hierdie gedagtes.]

Thursday, 28 September 2023

Dink hieroor: Proe die waarheid

Ons deel in die leesvreugde van die lesers van die Tuinroete, Hessequa en die Karoo. Ons klomp hier in die NK geniet Klaas Niemandt se hartstories wat in die Graaff-Reinet Advertiser verskyn. Vandag herinner oom Klaas ons daaraan dat jy moet onthou: "Hmm, hoe soeter en ryker die vergryp, hoe bitterder die gal veel later ... baie soos 'n leuen."

Klik HIER as jy wil weet hoe jy die waarheid kan proe.