Dit is nie 'n skande om soms op 'n ashoop te sit nie! Job het ook daar gesit, en hy het alles wat hom neergedruk het oorwin. Ons almal beleef soms menslike emosies. Die goeie nuus is dat God ook depressie verstaan, dat Hy donker huil-harte ken en dat Hy ook die antwoorde op ons doellose vrae het. Lê dit net voor jou Hemelse Vader se voete neer. Wanneer jy te lank daar vertoef het is dit soms nodig om mediese hulp te kry. God wil hê dat ons almal positiewe en gelukkige mense sal wees. Maak werk daarvan, gaan sit by Sy voete en vind die rus en vrede wat Hy kan bied. God is lief vir jou, neem Sy hand en Hy sal jou deur die donkertye lei.
My grote God, wees my lig wanneer dit donker om my is. Wees my vriend wanneer ek alleen voel en hou my vas wanneer ek sukkel om regop te bly. Wees my genadig my Heer en ek wag op U seëninge. Amen
[Aangestuur]

No comments:
Post a Comment