Monday 31 January 2022

Vandag se internetgebed vir jou: Onse Vader - Jesus volgens Mattheus 6

Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil geskied,
soos in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid
tot in ewigheid.
Amen

Sunday 30 January 2022

Onthou my soos ek was ...

Onthou my soos ek was, voor siekte soos 'n vaal karos om my liggaam gevou het
Dink aan my met die diep blou in my oë en die sagtheid in my siel
Dink aan my met die lag in my wese en die troos in my omgee
Onthou my soos ek was, voor ek weggekwyn het voor jul oë
Dink aan my met die vreesloosheid om 'n dromer te wees
Onthou my soos ek was om met min woorde diep gesprekke te voer
Dink aan my met die humor en staaltjies oor my kinderdae
Onthou my soos ek was, voor ek moes weggaan en jul moes groet
Dink aan my met die warmte van my hart wat altyd aan jul gebonde sal bly
Onthou my soos ek die mooi in alles klein kon raaksien
Dink aan my met die lesse wat ek jul wil leer, dat alles klein eintlik die groot dinge is 

[Dankie, Hencia Marais - geskryf vir Gawie Roselt]

Saturday 29 January 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

A grandmother was telling her little granddaughter what her own childhood was like. "We used to skate outside on a pond. I had a swing made from a tire. It hung from a tree in our front yard. We rode our pony. We picked wild raspberries in the woods." The little girl was wide-eyed, taking this all in. At last she said, "I sure wish I'd gotten to know you sooner!" 

Wednesday 26 January 2022

Woensdag-wysheid

'Wat is die nut van 'n fyn huis as jy nie 'n aanvaarbare planeet het om dit aan te sit nie?'
 
[Henry David Thoreau]

Sunday 23 January 2022

Gedurende 'n storm moet ons vertroue kies

Vaste Wete  vir heeldag elke dag:

 Vertrou - Glo in Jesus Christus ...

 Weet - God is in beheer ...

Bid - sonder ophou ...

Kies Vertroue bo Vrees in 

                    elke storm! 

Saturday 22 January 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

After putting her grandchildren to bed, a grandmother changed into old slacks and a droopy blouse and proceeded to wash her hair. As she heard the children getting more and more rambunctious, her patience grew thin. Finally, she threw a towel around her head and stormed into their room, putting them back to bed with stern warnings. As she left the room, she heard the three-year-old say with a trembling voice, "Who was THAT?"

Thursday 20 January 2022

Administratiewe beampte benodig

ACVV Kimberley
cindy@acvv-kimberley.co.za
Administratiewe beampte benodig vir 'n halfdag betrekking.
Sluitingsdatum vir aansoeke is 26 Januarie 2022 om 16:00.
As u geen terugvoer teen Vrydag, 28 Januarie 2022, ontvang het nie, beskou u aansoek as onsuksesvol.
Moet goeie verwysings kan verskaf en voldoen aan die volgende vereistes:
• Uitstekende tikvermoë.
• Die notulering en tik van notules.
• Gedetailleerde verslae kan saamstel en tik onder druk.
• Baie goed kan werk met Microsoft Word en Excel.
• Goeie telefoonetiket en administratiewe vaardighede.
• Goeie mensekennis en moet goed in ʼn span en onafhanklik kan funksioneer.
• Moet eie inisiatief kan gebruik.
• ‘n Polisieklaringsertifikaat gaan versoek word.
• Moet onmiddellik beskikbaar wees.
NET kandidate wat aan bogenoemde vereistes voldoen, sal oorweeg word.
Geen FACEBOOK-aansoeke sal oorweeg word nie.
Stuur asb. aansoek per epos na cindy@acvv-kimberley.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke is 21 Januarie 2022 om 16:00.
As u geen terugvoer teen Vrydag 28 Januarie 2022 ontvang het nie, beskou u aansoek as onsuksesvol.

Wednesday 19 January 2022

Woensdag-wysheid

'Die wêreld is 'n boek,
en die wat nie reis nie,
lees slegs 'n bladsy.'

Sint Augustinus

Tuesday 18 January 2022

Dinsdag-denke

Die bejaarde leermeester het begin moeg word vir sy jong leerling se alewige gekla en een oggend vroeg stuur hy hom uit om sout te gaan haal.

Toe die leerling terugkom met die sout, gee die bejaarde leermeester die omgekrapte leerling opdrag om ’n hand vol sout in ’n glas water te gooi en dit dan te drink.

“Hoe smaak dit?” vra die ou leermeester.

“Bitter,” antwoord die jong leerling terwyl hy die mond vol soutwater uitspuug.

Die ou leermeester glimlag en vra vir die jong leerling om weer ’n hand vol sout te neem en dit in die meer te gooi. Nadat hy die sout in die meer gegooi het sê die ou leermeester, “Drink nou van die meer se water.”

Terwyl die water van die jong leerling se ken afdrup vra die ou leermeester hom, “Hoe smaak dit?”

“Vars en verfrissend,” antwoord die leerling.

“Kon jy die sout proe in die water?” vra die ou leermeester.

“Nee,” antwoord die jong leerling.

Die ou leermeester gaan sit langs die jong leerling en neem die jongman se hande in syne en sê, “Kom dat ek jou vandag leer oor die sout:”

“Die pyn in die lewe is suiwer sout; niks meer en niks minder nie. Die hoeveelheid pyn in die lewe bly presies dieselfde. Maar, die hoeveelheid bitterheid wat ons proe hang af van die houer waarin ons dit plaas. Dus, wanneer jy in pyn verkeer, is die enigste uitweg om verder heen om jou te kyk, vergroot jou gevoel van alles om jou ... Hou op om ’n glas te wees. Word ’n meer.”

Soms raak ons so vasgevang in ons eie pyn dat ons dink dit is al wat bestaan, maar wanneer ons die pyn rondom ons sien, dan besef ons dat die soutwater wat ons nou drink glad nie so bitter is nie.

[Geleen]

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

Monday 17 January 2022

Vandag se internetgebed vir jou

Halleluja, dankie Here, vir al U liefde, vrede, krag en genade
wat ons vandag van U ons Skepper en Saligmaker sal ontvang.
Dankie Vader, dat ons vandag kan opstaan
en weet dat U so sterk soos 'n vaste rots altyd daar is vir ons,
waarteen ons kan leun as ons swak voel.
Vader, dankie dat U ons leidsman sal wees
in alles wat ons in hierdie dag moet en wil doen,
want sonder U krag, en genade liewe Heer
sal ons nie daartoe instaat wees nie.
Here, dankie dat U altyd luister as ons praat,
Dankie dat U ons te hulp snel waar ons 'n oomblik van stilte
en met 'n stem vol van benoudheid in 'n noodkreet U Naam aanroep en sê:
Here waar is U? Ons het U nodig. 
Dankie dat U ons dan sal antwoord en sê: 'My kind, ek staan hier regs langs jou,"
Dankie dat ons altyd op U ons troue God se liefde en genade kan staatmaak.
Ons dank U in U verheerlike Naam,
vir nou en vir altyd.
In die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.
Amen.

[Internetgebed]


 

Vandag se internetgebed vir jou

 

Saturday 15 January 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

My young grandson called the other day to wish me Happy Birthday. He asked me how old I was, and I told him, 62. My grandson was quiet for a moment, and then he asked, "Did you start at 1?"

Wednesday 12 January 2022

Woensdag-wysheid

"Mense wat voluit leef, vrees nie die dood nie." - Anais Nin 

Tuesday 11 January 2022

Dinsdag-denke: Mislukking

Mislukking beteken nie dat jy ‘n mislukking is nie …
Dit beteken wel dat jy nog nie suksesvol was nie.

Mislukking beteken nie dat jy nog niks bereik het nie …
Dit beteken wel dat jy al iets geleer het.

Mislukking beteken nie dat jy ‘n dwaas was nie …
Dit beteken wel dat jy hope geloof het.

Mislukking beteken nie dat jy verneder is nie  …
Dit beteken wel dat jy bereid is om te probeer.

Mislukking beteken nie dat jy nie oor die vermoë beskik nie …
Dit beteken wel dat jy dit op ‘n ander manier moet probeer doen.

Mislukking beteken nie dat jy minderwaardig is nie …
Dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Mislukking beteken nie dat jy jou lewe gemors het nie …
Dit beteken wel dat jy ‘n rede het om van vooraf te begin.

Mislukking beteken nie dat jy moet moed opgee nie …
Dit beteken wel dat jy harder sal moet probeer.

Mislukking beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie …
Dit beteken wel dat dit ‘n rukkie langer sal neem.

-Aangestuur-

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

Monday 10 January 2022

Vandag se internetgebed vir jou

HERE, wat n pragtige dag, na n wonderlike nag.
Skenk my die krag om alles te kan vermag 
wat hierdie dag van my verwag.
Skenk my geduld as ek vir iemand wag.
En as ek kwaad raak hou my stemtoon sag.
Leer my om vir myself te lag, 
en 'n glimlag te deel, eerder as om vir een te wag.
Maak my elke sekonde bewus van U Skepping se prag
En laat my nooit twyfel aan U Mag.
Amen.

[Geleen]

Saturday 8 January 2022

Saterdaggenotjies: So ietsie om ons dag op te kikker

She was in the bathroom, putting on her makeup, under the watchful eyes of her young granddaughter, as she'd done many times before. After she applied her lipstick and started to leave, the little one said, "But Grandma, you forgot to kiss the toilet paper good-bye!"

Wednesday 5 January 2022

Some "alternative" and hilarious truths

1. When one door closes and another door opens, you are probably in prison.

2. To me, "drink responsibly" means don't spill it.

3. Age 60 might be the new 40, but 9:00 pm is the new midnight.

4. It's the start of a brand new day, and I'm off like a herd of turtles.

5. The older I get, the earlier it gets late.

6. When I say, "The other day," I could be referring to any time between yesterday and 15 years ago.

7. I remember being able to get up without making sound effects.

8. I had my patience tested. I'm negative.

9. Remember, if you lose a sock in the dryer, it comes back as a Tupperware lid that doesn't fit any of your containers.

10. If you're sitting in public and a stranger takes the seat next to you, just stare straight ahead and say, "Did you bring the money?"

11. When you ask me what I am doing today, and I say "nothing," it does not mean I am free. It means I am doing nothing.

12. I finally got eight hours of sleep. It took me three days, but whatever.

13. I run like the winded.

14. I hate when a couple argues in public, and I missed the beginning and don't know whose side I'm on.

15. When someone asks what I did over the weekend, I squint and ask, "Why, what did you hear?"

16. When you do squats, are your knees supposed to sound like a goat chewing on an aluminium can stuffed with celery?

17. I don't mean to interrupt people. I just randomly remember things and get really excited.

18. When I ask for directions, please don't use words like "east."

19. Don't bother walking a mile in my shoes. That would be boring. Spend 30 seconds in my head. That'll freak you right out.

20. Sometimes, someone unexpected comes into your life out of nowhere, makes your heart race, and changes you forever. We call those people cops.

21. My luck is like a bald guy who just won a comb.

[Thank you, Valerie for sharing]

Tuesday 4 January 2022

Dinsdag-denke: Storms in jou lewe

As jy vandag voel dat jy teen die wind loop
en voel dat jy geen grond wen nie,
dan sê God vandag vir jou Hy gaan die wind omdraai,
die winde van verandering gaan vir jou begin waai,
jy het moeg geword en jy het min krag gehad,
maar nogsteeds het jy nie moed opgegee nie,
voel nou in die nuwe seisoen van jou lewe
hoe die wind vir jou waai en nie teen jou nie.

In die grootste storm loop Hy nogsteeds op die water,
vat Sy hand en loop saam met Hom,
weet dat Hy in jou boot wil wees vandag,
daar is baie skuite waarin jy kan klim,
maar nie almal het Jesus in nie,
kyk vir Jesus in die storm,
Hy is alomteenwoordig,
op die water,
in die wind
en in die skuit.
Liefde, Liefde, Liefde is wat jy saam met Hom sal ervaar.

[Anoniem]

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

Dinsdag-denke: Wees op die uitkyk vir ...


Die derde Dinsdag van elke maand, is daar 'n inspirerende verhaal of storie om die gedagtes te prikkel, dit met iemand te deel of sommer net aan te herkou. Geniet hierdie Dinsdag-deernis. 

Monday 3 January 2022

Vat 5 vandag en ook elke dag!

Vandag is die 3 de Januarie 2022, die eerste dag van die eerste week in die jaar 2022! En ek groet jou in die wonderlike Naam van Jesus Christus ons Here en Verlosser.

Vat 5 vandag en ook elke dag!

1. Vandag is die 1ste dag van die res van my lewe. En die res van my lewe is net vandag asof vandag my laaste dag is!

2. Vandag is Die Dag van die Here!
a. Ps. 118:24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

3. Vandag is God se Koninkryk deur Jesus Christus naby aan ons. Mat 4:17
a. Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.

4. Vandag is God se Barmhartigheid, soos elke môre, nuut en Sy trou steeds groot Kla 3:21-23
a. Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop: dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. Die HERE is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.

5. Vandag is God se tyd om Sy stem te hoor Heb 3:7-9
a. Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.

Jes 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.

Kom bid saam met my die woorde van 1 Kron 4:9-10, Num 6:24-26 & Heb 13:20-21.

Gebed: 
God van Israel, Hemel Vader, Seun en Heilige Gees, sal U in U groot genade en barmhartigheid vir ons in 2022 ryklik seën, o Here.

Sal U ons grondgebied vermeerder en U hand van Genesing, Beskerming en Versorging oor ons hou sodat alle onheil van ons afgeweer sal word en sodat geen smart of plaag ons sal tref nie!

Ja Here, ons bid in Jesus Naam, dat U o HERE ons sal seën en behoed; dat U o HERE U aangesig oor ons sal laat skyn en ons genadig wees. Ja Here, laat U aangesig oor ons verhef word en U aan ons U vrede gee.

Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, ons volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in ons te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! 
Amen.

[Ds. Brahm Reyneke]

Vandag se internetgebed vir jou

 

Saturday 1 January 2022

Dankie, vir al die welkome 2022-wense

'n Wonderlike en geseënde 2022 bid ek julle toe. 
Kom ons vergeet van al die hartseer, teleurstellings en swaar van 2021.
Paulus sê in Fillipense 3: 14  
".. ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, ..."  
Amplified Bible - Philippians 3:13
".. but one thing I do: forgetting what lies behind and straining forward to what lies ahead."
Valerie Kilian

My gebed vir elkeen is dat absolute Jesus-gebaseerde blydskap jou lewe in 2022 sal vul. Vreugde vir elke inwoner en onthou julle belangrike taak op aarde is om te bid. Seënwense. Past. Pieter

Mag elkeen ‘n pynlose 2022 op vele terreine beleef.
Getroue leser.

Mag God ons met gesondheid seën in hierdie nuwe jaar.
Nelly

Gesondheid is beslis bo-aan my lysie vir elke inwoner vir die nuwe jaar. Alles van die beste.
Bea B 

Jou lewe is 'n LIED deur GOD se hand geskryf. Gaan 2022 met 'n lied in jou hart die jaar in. 
Marguerite 

Mag 2022 elke oomblik maklik wees vir jou omdat jy in alles vir God ken.
Charmaine

Voorspoed vir 2022

ACVV Ons Huis bid vir elke inwoner en leser toe:
die Here se oorvloedige Genade,
Sy oorkoepelende Liefde, 
Sy nimmereindigende Vrede, Sorg, Beskerming en Voorsiening.
Mag jy daagliks bewus word van Sy teenwoordigheid.
Waardeer elke dag saam met hulle wat jou pad kruis.
En mag jy die genade ontvang om daagliks dankbaar te leef. 

Nuwejaarswense

Baie nuwejaarswense word van ons verwag vir 2022:
Job se geduld, 
Salomo se wysheid 
en Paulus se ywer. 
Kom, ons as lesers van die blog en inwoners van Ons Huis
en die res van die land vermy en skram in 2022 weg van ...
Eva se ongehoorsaamheid, 
Kain se jaloesie en bloedlus, 
Noag se dronkenskap, 
Jakob se skelmstreke, 
Aäron se afgodsverleiding, 
Jona se opdragontduiking, 
Simson se brandstigting, 
Saul se haatdraendheid, 
Dawid se wellustigheid en beplande moord, 
Herodus se kindermishandeling, 
Judas se geldgierigheid, 
Petrus se waarheidsontkenning 
en Pilatus se korrupte wetstoepassing.

Wat 'n wonderlike en aangename Huis en land sal dit nie wees om in te woon nie.
[Verwerk: AL Esterhuyse - Kuruman]