Saturday 1 January 2022

Dankie, vir al die welkome 2022-wense

'n Wonderlike en geseënde 2022 bid ek julle toe. 
Kom ons vergeet van al die hartseer, teleurstellings en swaar van 2021.
Paulus sê in Fillipense 3: 14  
".. ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, ..."  
Amplified Bible - Philippians 3:13
".. but one thing I do: forgetting what lies behind and straining forward to what lies ahead."
Valerie Kilian

My gebed vir elkeen is dat absolute Jesus-gebaseerde blydskap jou lewe in 2022 sal vul. Vreugde vir elke inwoner en onthou julle belangrike taak op aarde is om te bid. Seënwense. Past. Pieter

Mag elkeen ‘n pynlose 2022 op vele terreine beleef.
Getroue leser.

Mag God ons met gesondheid seën in hierdie nuwe jaar.
Nelly

Gesondheid is beslis bo-aan my lysie vir elke inwoner vir die nuwe jaar. Alles van die beste.
Bea B 

Jou lewe is 'n LIED deur GOD se hand geskryf. Gaan 2022 met 'n lied in jou hart die jaar in. 
Marguerite 

Mag 2022 elke oomblik maklik wees vir jou omdat jy in alles vir God ken.
Charmaine

No comments:

Post a Comment