Saturday 1 January 2022

Nuwejaarswense

Baie nuwejaarswense word van ons verwag vir 2022:
Job se geduld, 
Salomo se wysheid 
en Paulus se ywer. 
Kom, ons as lesers van die blog en inwoners van Ons Huis
en die res van die land vermy en skram in 2022 weg van ...
Eva se ongehoorsaamheid, 
Kain se jaloesie en bloedlus, 
Noag se dronkenskap, 
Jakob se skelmstreke, 
Aäron se afgodsverleiding, 
Jona se opdragontduiking, 
Simson se brandstigting, 
Saul se haatdraendheid, 
Dawid se wellustigheid en beplande moord, 
Herodus se kindermishandeling, 
Judas se geldgierigheid, 
Petrus se waarheidsontkenning 
en Pilatus se korrupte wetstoepassing.

Wat 'n wonderlike en aangename Huis en land sal dit nie wees om in te woon nie.
[Verwerk: AL Esterhuyse - Kuruman]

No comments:

Post a Comment