Sunday 30 January 2022

Onthou my soos ek was ...

Onthou my soos ek was, voor siekte soos 'n vaal karos om my liggaam gevou het
Dink aan my met die diep blou in my oë en die sagtheid in my siel
Dink aan my met die lag in my wese en die troos in my omgee
Onthou my soos ek was, voor ek weggekwyn het voor jul oë
Dink aan my met die vreesloosheid om 'n dromer te wees
Onthou my soos ek was om met min woorde diep gesprekke te voer
Dink aan my met die humor en staaltjies oor my kinderdae
Onthou my soos ek was, voor ek moes weggaan en jul moes groet
Dink aan my met die warmte van my hart wat altyd aan jul gebonde sal bly
Onthou my soos ek die mooi in alles klein kon raaksien
Dink aan my met die lesse wat ek jul wil leer, dat alles klein eintlik die groot dinge is 

[Dankie, Hencia Marais - geskryf vir Gawie Roselt]

No comments:

Post a Comment