Monday 17 January 2022

Vandag se internetgebed vir jou

Halleluja, dankie Here, vir al U liefde, vrede, krag en genade
wat ons vandag van U ons Skepper en Saligmaker sal ontvang.
Dankie Vader, dat ons vandag kan opstaan
en weet dat U so sterk soos 'n vaste rots altyd daar is vir ons,
waarteen ons kan leun as ons swak voel.
Vader, dankie dat U ons leidsman sal wees
in alles wat ons in hierdie dag moet en wil doen,
want sonder U krag, en genade liewe Heer
sal ons nie daartoe instaat wees nie.
Here, dankie dat U altyd luister as ons praat,
Dankie dat U ons te hulp snel waar ons 'n oomblik van stilte
en met 'n stem vol van benoudheid in 'n noodkreet U Naam aanroep en sê:
Here waar is U? Ons het U nodig. 
Dankie dat U ons dan sal antwoord en sê: 'My kind, ek staan hier regs langs jou,"
Dankie dat ons altyd op U ons troue God se liefde en genade kan staatmaak.
Ons dank U in U verheerlike Naam,
vir nou en vir altyd.
In die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.
Amen.

[Internetgebed]


 

No comments:

Post a Comment