Tuesday 4 January 2022

Dinsdag-denke: Storms in jou lewe

As jy vandag voel dat jy teen die wind loop
en voel dat jy geen grond wen nie,
dan sê God vandag vir jou Hy gaan die wind omdraai,
die winde van verandering gaan vir jou begin waai,
jy het moeg geword en jy het min krag gehad,
maar nogsteeds het jy nie moed opgegee nie,
voel nou in die nuwe seisoen van jou lewe
hoe die wind vir jou waai en nie teen jou nie.

In die grootste storm loop Hy nogsteeds op die water,
vat Sy hand en loop saam met Hom,
weet dat Hy in jou boot wil wees vandag,
daar is baie skuite waarin jy kan klim,
maar nie almal het Jesus in nie,
kyk vir Jesus in die storm,
Hy is alomteenwoordig,
op die water,
in die wind
en in die skuit.
Liefde, Liefde, Liefde is wat jy saam met Hom sal ervaar.

[Anoniem]

[Lees nog Dinsdag-denke HIER]

No comments:

Post a Comment