Showing posts with label Kersfeeswense. Show all posts
Showing posts with label Kersfeeswense. Show all posts

Wednesday, 25 December 2024

Vreugde van Kersfees

Gaan voort en deel die vreugde van Kersdag -
nie net op 25 Desember nie,
maar vanaf 1 Januarie tot 31 Desember ...
en elke dag daarna. 
Juis oor hierdie feit, wil ek aan een en elk
hierdie 25 Desember tonne vol saamwees toewens.
Lag, wees bly ... koester familie, geliefdes en vriende.
Maak kontak met die waarmee jy slegte gevoelens het,
dit is die beste tyd ooit om te vergewe. 
Onthou, dood is ons konstante metgesel,
en volgende jaar sit jy dalk met verwyte aan die etenstafel.
Vergifnis kos niks nie, 
in teenstelling met al die rande wat op geskenke spandeer is.

[Dankie, Estelle]

Sunday, 25 December 2022

Gebed met Kersfees

Dankie Here, dat U ons so liefgehad het dat U op so ‘n praktiese wyse, 
duidelike en spesifieke wyse gekom het. 
Dankie dat U die taal gevind het wat almal kan verstaan; 
En dankie, vir die ontroerende nederigheid wat die grondslag van u majesteit is. 
Dit is waarom elke knie voor die Naam van Jesus sal buig. 
Amen
oooOOOooo
Mag die Here opnuut u harte vervul met Sy Gees en in hierdie dae  
aan u 'n ware Christusfees skenk. 

Dankie vir u omgee-liefde  
en vriendelikheid gedurende 2022!     
Mag u elkeen 'n geseënde Christusfees ervaar! 

Wednesday, 25 December 2019

Tuesday, 25 December 2018

Seën vir elkeen hierdie Kerstyd!

Kerstyd is 'n normaalweg 'n vrolike tyd saam met vriende en familie. Maar Kersfees het ook 'n ander kant - nog 'n jaar is verby en daar is steeds onvrede, misdaad en wanbestuur rondom ons.

Kersfees is ook die groot verlangtyd na kinders en kleinkinders en ander geliefdes. Daar is ook 'n bekommernis oor volgende jaar en hoe elkeen van ons ons probleme gaan hanteer.

Mag u elkeen hierdie Kersfees baie meer geluk as hartseer beleef, met hope seëninge.