Showing posts with label Oud word. Show all posts
Showing posts with label Oud word. Show all posts

Thursday, 19 September 2024

DIE LAASTE SEISOEN VAN DIE LEWE !!!

Die meeste van ons is nou in die laaste kwart van ons lewe en behoort hierdie interessante stukkie raad te lees. Stof tot nadenke.

Jy weet, tyd het 'n manier om vinnig te beweeg en jou onbewustelik te vang. Jare gaan so vinnig verby.
Dit voel soos gister toe ek jonk was en my nuwe lewe aangepak het. Tog, op 'n manier, voel dit soos jare gelede, en ek wonder waarheen al die jare gegaan het.

Ek weet dat ek hulle almal geleef het. Ek het 'n blik op hoe dit destyds was en van al my hoop en drome.

Hier staan ek nou in die laaste kwart van my lewe en dit vang my onverwags!!!

Hoe het ek so vinnig hier uitgegekom?

Waar het die jare heen gegaan en waarheen het my jeug gegaan??

Ek onthou goed wat ek gedink het as ek ouer mense gesien het. Ek het onder andere gedink dat daardie ouer mense jare van my denkpatroon en planne verwyder is en dat ek in die eerste kwartaal van my lewe is en dat hulle in die vierde kwartaal was. Ek kon myself nie in hulle skoene plaas of my ten volle indink hoe ek sou optree as ek so oud is nie.

Tog, hier is dit!! My vriende is afgetree en word grys, hulle beweeg stadiger en ek sien 'n ouer persoon in die spieël na my terugkyk. Sommige vriende is in 'n beter en ander in 'n slegter situasie as ek, maar ek sien die groot verandering. Hulle is nie meer jonk en lewenslustig nie. Maar, soos ek, begin hul ouderdom wys en ons is nou daardie ouer mense wat ons vroeër gesien het en nooit gedink het ons sou word nie.

Nou ervaar ek amper elke dag dat net om te stort 'n ware teiken vir die dag is en om 'n middagslapie te neem, is nie meer 'n bederf nie!! Dit is verpligtend, want as ek dit nie uit vrye wil doen nie, raak ek aan die slaap waar ek sit.

En so, het ek hierdie nuwe seisoen van my lewe binnegegaan, onvoorbereid vir al die pyne en die verlies aan krag en vermoë om dinge te gaan doen wat ek wens ek gedoen het, maar nooit gedoen het nie. Ten minste weet ek dat, al is ek in die laaste kwartaal en ek nie seker is hoe lank dit sal duur nie, dat wanneer dit verby is op hierdie aarde, dit alles verby is. 'n Nuwe avontuur sal dan begin!!

Ja, ek is spyt. Daar is dinge wat ek wens ek nie gedoen nie; dinge wat ek moes gedoen het, maar daar is werklik baië dinge wat ek bly is dat ek dit gedoen het. Dit is alles in 'n leeftyd.

As jy nog nie in die laaste kwartaal is nie, laat ek jou herinner dat dit vinniger sal aanbreek as wat jy dink. Wat jy ook al in jou lewe wil bereik, doen dit sommer nou. Moenie dinge te lank uitstel nie. Die lewe gaan vinnig verby. Doen vandag wat jy kan, want jy kan nooit seker wees of jy alreeds in die laaste kwartaal is of nie.

Jy het geen belofte dat jy al die seisoene van die lewe sal sien nie. So, leef vir vandag en sê al die dinge wat jy wil hê jou geliefdes moet onthou - en hoop dat hulle jou waardeer en liefhet vir al die dinge wat jy vir hulle gedoen het in al die afgelope jare.

'Lewe' is 'n geskenk aan jou ...! Wees gelukkig!!

Onthou, dit is gesondheid wat ware rykdom is en nie goud, silwer of eiendom nie.

Jy mag dalk dink: Om uit te gaan, is goed - maar om terug te keer huis toe, is baie beter !!!

Jy vergeet name - maar dis ook reg so, want sommige mense het alreeds vergeet dat hulle jou ooit geken het!!!

Jy besef, jy gaan nooit regtig goed wees in iets soos gholf nie – maar jy hou van die buitelewe. So doen dit.

Die dinge wat vroeër vir jou belangrik was om te doen, stel jy nie meer belang in nie - maar jy gee regtig nie meer om dat jy nie soveel daarin belangstel nie.

Jy slaap beter op 'n sitkamerstoel met die TV aan as in die bed - jy noem dit 'voorslaap'!!! As jy dit geniet, doen dit.

Jy mis die dae toe alles gewerk het met net 'n aan- en af-skakelaar!!!

Jy het baie klere in jou klerekas, waarvan jy meer as die helfte nooit weer sal dra nie – maar jy hou dit net vir ingeval !!

* Oud is goed. 
* Oud is gemaklik.
* Oud is veilig.
* Ou liedjies.
* Ou flieks.
* en - die beste van alles,
* Vriende van ouds!!!

So, bly gesond, ou Vriend.
Geniet 'n fantastiese dag.
Geniet 'n wonderlike kwartaal, in watter een jy ook al is!!!
Kyk mooi na jouself.

Thursday, 6 April 2023

Daar is 'n verskil tussen ouer word en oud wees

Mense erken maklik dat hulle ouer wórd, maar min sê: "Ek is nou oud." 

Wel, ek wórd ook nou ouer. Gesondheidgewys kan ek nie kla nie - al my parte en onderdele is nog die oorspronklikes waarmee ek gebore is. Tot nou toe het niks van my masjinerie ge-"seize" nie, selfs my mangels is nog in plek! Maar, ek kan hoor van my parte kort ghries ... ek hoor 'n paar klapgeluide as ek soggens aan die beweeg kom. My vonkproppe vonk ook nie meer lekker nie - daarvoor sukkel ek te veel om in die oggend uit die bed te kom.

Ek sweer my bene groei nog, want dit word vir my al moeiliker om my voete by te kom, om my toonnaels te knip ... Ek trek deesdae my bene so om die beurt op tot teen my bors om die naels te kan knip, maar dis vrek ongemaklik. Ek raak sommer kortasem! Ek strek deesdae vroegoggend om my beweeglikheid te behou, en ek dink regtig dit werk, maar die geluide wat ek maak, kan as klankbaan vir "Jurassic Park" gebruik word. 

As iemand my skelm moes dophou, sal hulle seker dink ek drink vreeslik! Ek sukkel mos so met die duiseligheid as ek vinnig opstaan. Ek mik vir die kombuisdeur, maar loop 'n hengse draai deur die sitkamer om daar uit te kom. Ek maak nou maar 'n speletjie daarvan, deur te kyk watter vuil skottelgoed ek op dié manier bymekaar kan maak, voor ek met my hande op my knieë moet gaan staan. 

Ouer mense het snaakse gewoontes - let wel, ek sê: "Ouer mense", want niemand is klaar oud nie. Ek het hulle seker ook! My seun sal sekerlik daarvan kan getuig, maar ek is nie van veel bewus nie. Ek praat met myself, dit weet ek. Ek praat ook met my plantjies, en met die lemoenduifie wat ek elke dag voer. Verder het ek nogal sekere roetines wat ek slaafs volg, veral my vroegoggendroetine is ingeprent in my skedule. En ja, ek sê elke aand vir Elvis nag, daar waar 'n baie mooi skildery van hom, halfpad op met ons trappe, hang ...

So, daar het julle dit. Daar is lankal nie meer 'n huppel in my stap nie, maar daar is 'n irriterende 'getjierie' in my kierie ... 

[Dankie,  Valerie, vir hierdie tong-in-die-kies-bydrae!]

Wednesday, 29 June 2022

'n Mens word oud as ...

Mens word oud as jy nie meer praat van jou linker- of regterknie nie, maar van die goeie en slegte knie.
Mens word oud as jy eenkeer per dag sê “in my dae”
Mens word oud as jy na ander van jou ouderdom kyk en dink ... "Genugtig, ek lyk seker nie so nie."
Mens word oud as hulle praat van die jongklomp en die meeste is nou jou kleinkinders.
Mens word oud as jy ekstra brille in die huis los.
Mens word oud as jou bure nie eers weet daar was ‘n "hengse" partytjie by jou huis nie.
Mens word oud as die dokter maak asof hy verstaan en nuttelose goed voorskryf.
Mens word oud as ‘n dokter jou nie meer vat vir ‘n scan nie ... hy hou jou net teen die lig ...
Mens word oud as jy met enigiemand kan gesels wat “hi” sê ...
Want jy is nie seker waar jy hulle vandaan ken nie ... of eenvoudig hul name vergeet.
Mens word oud as jy jou linkerbeen te vinnig beweeg en jou rug haak uit.
Mens word oud as jy nie seker is of jy so pas ingekom het vir iets ... of op pad uit is nie.
Mens word oud as jy oefening doen om jou lewe te red, nie om maer te word nie.
Mens word oud as jy baie kere “nou waar is my ... o hier’s dit” sê.
Mens word oud as jy wakker word en voel soos ‘n tjek wat gehop het in plaas van ‘n million bucks.
Mens word oud as iemand sê “tien jaar gelede” en jy dink nie 2018 nie, maar 80’s.
Mens word oud as jou brein sê: “Moet liewer dit nie sê nie” en jou mond ignoreer dit.
Mens word oud as jy baie “dinges” sê want jy kan nie onthou wat die dinges genoem word nie.
Mens word oud as “happy hour” beteken dis slaaptyd.
Mens word oud as versoekings nie meer na jou kant toe kom nie.
Mens word oud as jy vinnig opstaan en jy is net so dronk in die kop soos met ‘n shot tequila.
Mens word oud as jy besef oudword is maklik, wysraak is moeilik.
Dalk is daar iemand wat die sentiment deel en verstaan van oud word.

[Dankie, Valerie, dat jy so gereeld aan ons dink en gedagtes vir ons stuur.]

Saturday, 6 June 2020

OK: oudag-kommer


  • Oudag-Kommer 
    • Moenie my eenkant toe stoot noudat ek oud geword het nie.
    • Moenie my verlaat wanneer my kragte afneem nie.
    • O God, noudat ek oud en grys is,
      • moenie my verlaat nie,
      • sodat ek aan die nageslagte u mag bekend kan maak,
      • en aan elkeen wat nog sal kom van u magtige werke kan vertel.

Wednesday, 10 April 2019

Saturday, 10 November 2018

Thursday, 30 November 2017

Tuesday, 11 April 2017

Tuesday, 20 December 2016

Monday, 5 December 2016