Vol kosbare olie wat ek nuttig kan gebruik
Olie wat in der ewigheid nie kan opraak
wat ons vriendskap so wonderlik en kosbaar maak
Ek het nooit kon droom daar was 'n sielsgenoot soos jy
en ek het jou op 'n dag sommer pure-verniet gekry!
[Amori Azarel]
Hier in die aftreeoord het ons die geleentheid om tydens die laaste skof van die wedloop vriende te maak wat ons verstaan, wat in dieselfde bootjie as ons is en wat fisies nader aan ons is as ons jeugvriende, oudkollegas familie, kinders en kleinkinders.
En dalk loop jy 'n handgemaakte kruik in jou gang raak en raak lang dae te kort en die onbekende toekoms draagliker, want daar is iemand wat jy op 'n dag sommer pure-verniet gekry het!

No comments:
Post a Comment