Friday, 31 July 2026

Gedig: Salaristjekkie

Jy het gekom en jy het gegaan
Skaars geweet van jou bestaan
Elke einde van die maand is jy hier
Jou besoekie is egter van korteduur

Kortstondig kom jy vir my flikkers gooi
Vinnig kwyn jy tot 'n gewisse dooi
Soveel wat 'n happie van jou kom neem
Binnekort moet ek weer by die bank gaan leen

Aftrekkings is groter as jy, my ou salaristjek
Weet glad nie meer hoe ek jou uit kan rek
Deel van jou vir die huis se krag
Stukkie vir lipstiek vir mamma se prag

Kinders se skool is vandag so duur
Prys van klere maak vir my so suur
Nog 'n hap van jou vir ons dag se brood
na 'n tenk vol petrol is jy feitlik dood

Jy kom elektronies op 'n kaart ingestap
Vinnig by die ATM word jy leeg getap
Einde van die maand kan ek jou weer sien
Maar salaris se tjekkie jy kan lankal nie meer jou doel goed dien.

[André Duvenage ~ © (31-03-2013)] 

No comments:

Post a Comment