Showing posts with label Vertroue. Show all posts
Showing posts with label Vertroue. Show all posts

Wednesday, 10 December 2025

Hartsake oor 'n koppie tee: Op wie vertrou jy?

Vertrou op jouself,
dan is jy gedoem tot teleurstelling.
Vertrou op jou vriende,
en hulle sal jou laat sterwe.
Vertrou op jou geld en jy mag dit verloor.
Vertrou op jou reputasie
en 'n skindertong mag jou daarvan beroof.
Maar vertrou op God 
en jy sal nooit beskaam word in hierdie lewe 
of in ewigheid nie.

Lees Spr. 3:5

[Eerw. DL Moody]

Friday, 31 October 2025

Vrydag-flits: Vertrou op Jesus

'n Swaar las - trane.
'n Seer hart - en 'n bekommerde siel.
Is dit hoe jy voel?

Daar is Iemand wat kan help.
Skakel die HEER.
Telefoonnommer - Gebed.
Praat met HOM!
Vertel Hom alles.
As jy die foon neersit -
Vertrou op HOM
Hy het duidelik gehoor en
sal jou gebed beantwoord!

Friday, 3 October 2025

Vrydag-flits: Twyfel

God is altyd daar -
soms voel ons in tye van donkerte of ons alleen is -
maar weet net God los Sy kinders nooit alleen nie.
Dis juis in die tye wat God ons lig is
en ons deur die donker tye lei.
Vertrou altyd op Hom
Hy is die Weg en die Waarheid.
Moet nooit twyfel wat God vir jou kan doen nie.

Thursday, 26 September 2024

Jak de Priester: 'n Teken van God in my hand

 

Klik HIER om die ongelooflike verhaal van geloof in Londen te lees. Jy kan jou wel en weë toevertrou aan God, al lyk die vir jou onmoontlik. Geniet hierdie ware verhaal.

As die lewe jou druk, lees hierdie, dink hieroor en leer hieruit!

Sunday, 23 May 2021

Om op water te loop (1)


Die dissipels was een nag besig om vis te vang toe 'n storm opsteek. Teen drie-uur het hulle 'n figuur op die water na hulle sien aankom. '...Jesus het dadelik...gesê: "Toemaar, moet julle nie ontstel nie. Dit is Ek." Petrus sê toe..."Here, as dit regtig U is, laat my dan op die water na U toe kom." "Kom dan," het Jesus gesê." Petrus klim toe oor die kant van die skuit en begin op die water na Jesus toe loop.' (verse 27-29). Hierdie verhaal leer ons eerstens dat as die opdrag nie van God kom nie, ons dit nie moet doen nie.

Daar is 'n verhaaltjie van 'n man by die poorte van die hemel. Petrus sê: 'Noem een groot daad van jou.' Die man antwoord, 'Wel, ek het 'n vrou gehelp wat deur 'n groep skobbejakke aangeval is.' Hoogs beïndruk vra Petrus: 'Wanneer het dit gebeur?' Die man antwoord: 'Ongeveer 30 sekondes gelede!' Ten einde op die water te kan loop, moet jy onderskei tussen God se stem en jou eie impulse.

Tweedens, dit leer dat om wonderwerke te belewe, dit nodig is om uit ons gemaksone te beweeg. Verbeel jou jy is Petrus. Die storm woed en jy is bang. Die skuit is veilig en gemaklik. Jy sou ook net daar wou bly. Jy mag egter nie, want God het jou geskape om meer te bereik; Hy roep jou om in vertroue te waag en wonders te laat gebeur. Wat is jou skuit?' Enigiets waarop jy vertrou wanneer die storm woed, enigiets wat jou in jou gemaksone hou. Die vreesaanjaendste, maar mees lonende stap wat jy ooit sal neem, is om uit te klim.

Sunday, 9 May 2021

Saluut, ouma Sannie!

Jy was ongeneeslik fluks. Tot my ongeneeslike irritasie, veral toe ek ‘n tiener was wat net wou lees en droom. Ek sien jou weer in Sutherland se koue verbystoom met opgeskuifde moue. Ek kla ek kry koud. “Jy moet net werk, my kind!” Jou werksetiek was so onvernietigbaar dat ek in my lewe nooit, ooit vir ‘n oomblik sal kan lui wees sonder dat my gewete my bloots ry nie. Jy was ongeneeslik onselfsugtig. Ek wens ek kon net naastenby so wees. Ek werk al jare lank hard daaraan om hierdie erfenis opsy te skuif. Ek kan nou al selfs my persoonlike behoeftes voor dié van my gesin stel. Soms. Vir ‘n klein rukkie.

Jy was die nederigste mens wat ek ooit geken het. Toe jy oud en swak was en ek dit verskriklik gevind het om jou in die stort te moet help, het jy met daai twee diepbruin oë na my toe opgekyk en ek het geen vernedering of seergemaakte trots daarin gesien het. Net vertroue. En dit het ‘n vreugde geword om jou te help.

Saluut, ouma Sannie! Ek kan nie glo dis al ses jaar nie. En ja, ek dink nog steeds soms wat ek in daardie laaste tyd anders sou doen as weer die kans kon kry. En is steeds nederig dankbaar dat ek die een kon wees wat jou laaste nag met jou kon deel, wat jou hand tot die einde kon houvas en nou jou eenvoudige trouring met trots en liefde kan dra.

NS. En nee, ek het haar nooit, ooit gejy en gejou nie.

NS. En ja, ek sit met ‘n glas wyn en tjank dat dit klap. Ek hoop my lesers ook – dis goed vir die gees.

[Hierdie stukkie pos het anoniem op my tafel geland. Ek weet nie wie dit geskryf het nie en ook nie wie die besondere ouma Sannie was nie. Maar ek deel dit graag met almal wat al hierdie paadjie geloop het. Indien iemand weet, stuur asb. die besonderhede.]

Klik HIER vir nog Moedersdagwense.