Showing posts with label Donasies. Show all posts

Tuesday, 10 December 2024

Dankie, Kimberley Biker's

Kimberley se motorfietsryers het Saterdag in die gees van Kersfees kragte saamgesnoer om van die Pension Run-inisiatief 'n reuse sukses te maak. 

Hierdie Kimberliete se positiewe aansteeklikheid, saam met die broodnodige skenkings en geskenkies, het breë glimlagte op die gesigte van die inwoners van Resthaven, Belgrave Lodge en Ons Huis gesit.

Meer as 50 pakke doeke vir volwassenes is aan elkeen van die drie tehuise oorhandig, danksy die ondersteuning van donateurs en die borge. Doeke is 'n duur noodsaaklikheid vir baie bejaarde inwoners. Die organiseerders hoop om die Pension Run 'n jaarlikse tradisie te maak om te verseker dat senior burgers in Kimberley 'n stresvrye feesseisoen kan geniet.

Elke besoek Saterdag was gevul met glimlagte, liefde, omgee, dankbaarheid en 'n gevoel van gemeenskap. En is dit nie juis die belangrikste boodskap wat uitgedra moet word nie?

Inwoners: 'n Uit-ons-hart-dankie vir hierdie ongelooflike en heerlike verrassing. Julle sal nooit weet wat hierdie besoekie vir ons beteken het nie. Mag  julle nog diep spore in Kimberley trap!

[Klik HIER en HIER om na ongeveer 80 foto's te kyk.]

Dankie, Babsie, dat jy hierdie goeie nuus met ons lesers deel. Waardeer dit!

Tuesday, 30 July 2024

Projek Winterhoop 2024

Die ACVV se projek in Leratopark se sukses is te danke aan elkeen se bydrae - sonder julle kon daar nie 'n Projek Winterhoop 2024 gewees het nie. Sommer 'n GROOT uit die hart DANKIE vir elkeen van julle. Julle bydrae maak die winter vir baie 'n bietjie draagliker. 

Wednesday, 31 January 2024

Dis tyd vir kaste skoonmaak!

Ondersteun asb. die ACVV Ons Huis. Enige donasies kan afgelewer word by die ACVV-kantore  Halketstraat 14, Newpark, Kimberley.

Indien jy vervoerprobleme het, is ons bereid om die klere te kom optel. Skakel asb. die kantoor by 053 831 5816. 

Sunday, 17 December 2023

Wil jy 'n welwillendheidsbydrae maak?

Dikwels het 'n mens 'n behoefte om uit te reik, veral oor die kersseisoen, maar jy weet nie waar, hoe en wat nie.

Jy kan nooit verkeerd gaan om 'n pakkie by enige ouetehuis af te gee nie. Daar is soveel gaatjies om toe te stop en soveel benodigdhede, dat niks wat daar afgelaai word, verlore sal gaan nie.

By die siekeboeg is daar altyd 'n behoefte aan Savlon, tandepaste, tandeborsels, babapoeier, seep, sjampoo, doeke, toiletpapier en waslappe.

In die algemeen is skoonmaakmiddels 'n welkome bydrae. Van skottelgoedwasseep tot seeppoeier vir wasgoed.

Gaan maak gerus 'n draai by ons wenslysie op die tuisblad en kyk waar lê ons groot behoeftes.

Hou asseblief ons seniors en die personeel gereeld in julle gebede. 

Sunday, 3 December 2023

Sunday, 19 November 2023

Saturday, 28 October 2023

Sunday, 15 October 2023

Thursday, 29 April 2021

Fondsinsameling

ACVV Kimberley het 'n fondsinsameling gehou by Stable Wood Stalle. Ons wil graag baie dankie sê aan ons donateurs vir hulle bydrae:

Dail a Pack Kimberley
Pick n Pay Rhodesdene
Van Zyl' s Vleis
Kokis Meat Market
Evelyn Anthony
Neveshni Swanepoel

Die fondse wat ingesamel is, help ongelooflik baie vir die dienste wat ons lewer as maatskaplike dienste en behuising vir ouer persone by Ons Huis.

Dankie aan elkeen van die gemeenskap wat ons ondersteun het. Ons waardeer elkeen.

Wednesday, 5 August 2020

Dis tyd vir kaste skoonmaak!

Kontak ons gerus om meer uit te
vind oor kleredonasies en wat alles
in ons winkel beskikbaar is. 

Monday, 30 December 2019

2019: Groeteboodskap

Met 2019 by ons agterdeur is dit vir ons 'n groot voorreg om elkeen van ons donateurs, borge en vriende uit ons harte te bedank vir hulle gebede, besoeke, donasies, eetgoed en ondersteuning in watter vorm ookal die afgelope jaar. Ons Huis het voor unieke uitdagings te staan gekom, maar ons staan weereens aan die einde van 'n geseënde jaar en kan ons met dankbaarheid terugkyk.

Dankie vir elkeen se bydrae.

Tuesday, 17 December 2019

'n Dankie-gedagte ...

Kersfees is 'n tyd waar 'n mens 'n bietjie stilstaan en dankie sê vir al die mense wat deur die jaar jou pad gekruis het. In ons besige lewens laat ons hierdie belangrike gebaar baie keer na.

Die personeel van Ons Huis is altyd  vriendelik en liefdevol. Hulle werk met soveel deernis en omgee met die inwoners. Die afgelope naweek is daar vir elkeen van hulle so 'n dankie-pakkie van Welkom gegee. Op die foto is van die personeel wat dié naweek nagdiens in die verswakte afdeling gedoen het. Op die foto is Bernice Nyl, Virginia Madibane, Lady Tshipinyane en Maryna Davids. 

Daar is ook vir die inwoners in hierdie afdeling so 'n pakkie gegee. Dankie vir Karin Herbst, Ronell van Wyk, Shamany Cloete en Sarah Welman vir hulle bydraes. Dit word baie waardeer. 'n Groot dankie aan die personeel wat so getrou hierdie belangrike werk 24/7 doen.

Sunday, 6 October 2019

Dankie!!

'n Dankie uit die hart vir elkeen se ongelooflike bydrae en samewerking.

Friday, 4 October 2019

Sien jou daar ...

Moenie die belangrikste datum op die ACVV-kalender vergeet nie!! Ons sien julle daar met 'n vol beursie en 'n leë mandjie om al die inkopies te pak!

Bring sommer die bure en die bure se bure saam. Hoe meer siele hoe meer vreugde.

Thursday, 3 October 2019

Kom geniet die dag ...

Daar is van alles en nog wat. Daar is iets vir 'n ieder en 'n elk. Kom vergewis uself daarvan.

Vir enige navrae kontak asb vir Cindy Greyling 053 831 5815 / cindy@acvv-kimberley.co.za 

Monday, 30 September 2019

Saturday, 28 September 2019

Kom ondersteun ons - 5 Oktober 2019

Pryse te wen,
hope pret,
heerlike kos
en nog baie meer.
Kom onder steun ons vir 'n goeie doel!

Monday, 23 September 2019

Basaar: vele hande - ligte werk ...

Ons basaar is amper hier. 'n Droom wat 'n realiteit geword
het. Skenkings  in watter vorm ookal, is meer
as welkom. Hulp in die gedaante van ekstra hande, 'n
noodsaaklikheid. Tyd, geld of goedere - ons het jou nodig.
Kontak Cindy: 079 697 6336  

Sunday, 22 September 2019

Basaartyd raak min ...

ACVV Kimberley hou sy eerste basaar op 5 Oktober 2019!

Ondersteun ons asb. Donasies in watter vorm ookal, is meer as welkom. Ons sien uit daarna om met u saam te werk. Kontak ons, besoek ons kantore of kom maak sommer 'n vinnige draai by Ons Huis.

Mense wat ons kan en wil ondersteun, kontak Cindy op 0796976336 of 0538315815

Basaaridees hier!