Showing posts with label Carien. Show all posts
Showing posts with label Carien. Show all posts

Sunday, 10 March 2024

The Angels se besoek tydens Maart

Die terapeutiese voordele van inkleur is wetenskaplik al oor en oor bewys. Hierdie is een van die moet-doen-aktiwiteite vir die senior landgenote. 

Een van die voordele is dat inkleur onder andere 'n kalmerende effek het. Gelukkig kan almal van ons inkleur, maar nie almal van ons kan teken nie. Dus het ons geen verskoning as dit by inkleur kom nie. Inkleur stimuleer kreatiwiteit, dit verbeter die gemoedstemming, verbeter konsentrasie, sowel as die oog-hand-koördinasie. 

In kort is inkleur voordelig vir volwassenes se geestes- en fisieke gesondheid en dit hou die kognitiewe funksies in stand tydens die verouderingsproses. 

En natuurlik kan 'n mens dit sommer net vir die lekkerte doen.

Saterdag was dus inkleurdag en terwyl almal met kleur gewerskaf het om hulle prentjies te laat praat, het die engele solank wafels gebak en dit met heerlike gekleurde roomys bedien.

Saterdag was dus 'n kleurvolle herfsdag in die eetsaal van Ons Huis.

 by een van die inwoners.

Foto's: Millie Mouton

Monday, 29 January 2024

Bingo!!! Ons Huis se engele is terug!


Saterdag, 27 Januarie 2024, was die eerste Saterdag wat op die onthou-almanak van die inwoners se geheue afgemerk is. 'n Heerlike bingo-oggend het die energie en kompetisiegees laat inskop. Daar was  heerlike pryse wat gewen kon word en gesonde vitamien-gelaaide eetgoed. 

Saturday, 2 December 2023

Ons Huis-inwoners sê: "1000 dankies, julle is voorwaar engele!!"



The Angels se besoek tydens 2023 se laaste maand



Die laaste maand van hierdie jaar het aangebreek. 'n Vinnige jaar vol uitdagings ... maar 1 Desember 2023 was 'n heerlike hoogtepunt. The Angels het kersfeeskoekies gebak wat die inwoners kon versier en hulle verbeelding vrye teuels kon gee. Die kuier is spesiaal gemaak met al die geskenke wat uitgedeel is saam met goeie kerswense vir hierdie jaar. Hipergroot bokse pizza het 'n kinkel in die normale spyskaart veroorsaak. 












Foto's verskaf: Millie Mouton

Sunday, 8 October 2023

The Angels se besoek tydens die mooiste mooiste maand


Oktober is besing deur C Louis Leipoldt as die mooiste mooiste maand en daarmee kan ons saamstem. Saterdagoggend het vir ons blommooi begin - The Angels het vir ons gewys hoe om kaartjies te maak en skielik was al ons krukkelysprobleme vir 'n uur of twee vergete. Dit was heerlik om weer kreatief te verkeer in 'n ontspanne atmosfeer en daarna was daar sout- en soet-eetgoed om 'n genotlike tydjie saam met Ons Huis se engele af te sluit.  


Foto's verskaf: Millie Mouton

Saturday, 2 September 2023

'n Lentebesoek van ons eie engele


Vandag is daar 'n onderhoud in Netwerk24 met Annie Olivier. Sy was 'n voormalige joernalis, onder andere by Beeld en deesdae is sy 'n uitgewershoof by Jonathan Ball. 

Een van die vrae wat sy in die onderhoud moes antwoord was wie haar helde in die ware lewe is.
Gewone mense wat op 'n mikrovlak 'n verskil maak - in ouetehuise en kinderhuise, dié wat gereeld vir 'n goeie doel skenk, dié wat hul huis- en tuinwerkers regverdig vergoed. Elke mens wat help waar hulle kan.

En Annie Olivier se antwoord het my onmiddellik aan Ons Huis se Angels laat dink. Op mikrovlak het hulle vandag 'n verskil aan die inwoners se bestaan gaan maak. Dis die tweede dag van die amptelike lentemaand en daarom was dit gepas dat die Angels besluit het om vrugte en jogurt deel van hul kuiertjie te maak.

Vandag was dus so half 'n verlengde lentedag.

Talana, Millie, Percy, Betsie en Christa



Cherine, Millie, Percy, Betsie en Christa

Tuesday, 22 August 2023

Be An Angel Day

On August 22nd, National Be An Angel Day encourages good deeds and kindness to others. By supporting those in need and inspiring others to kindness, we display an act of an angel here on earth.

A big thanks to Ons Huis' angels:
  • Cherine Senekal
  • Annette Cameron
  • Betsie du Plessis
  • Christa Jaquire
  • Forbie Klindt
  • Jacoba du Plessis
  • Jolande de Wet
  • Millie Mouton
  • Percy Bell
  • Talana van Wyk
  • Carien

Wednesday, 2 August 2023

Dankie!

Die dankies het van oraloor gekom gedurende die naweek. Dankie aan elkeen se positiewe kommentaar. As elke instelling 'n engelgroepie het wat hulle vlerke so af en toe sprei oor die vier mure en dak, verander enige blyplek in 'n tuiste. Sterkte met julle daaglikse werk en vreugde vir julle volgende beplande kuier. 

Ons Huis het links bo in die hoek van die blog, 'n *Ons-wenslysie*. Lees gerus daardeur en kom kuier sommer net vir ons.

Tuesday, 1 August 2023

Sop en vetkoek vir 'n warmer wintersdag

29 Julie 2023 was 'n bittere koue Saterdag in Kimberley. Ons gemeente, Dutoitspan, het al bibberende die weer getrotseer om die jaarlikse basaar by te woon. Ons Huis-inwoners het gehoor van die kerkbasaar, maar vir sommige van ons is 'n basaar 'n vae herinnering van ons kindertyd of ons kinders se kindertyd. Vir diegene wat nog oorweeg het om die basaar by te woon, het die koue finaal daardie gedagte die nek ingeslaan.

Party van ons het 'n sonkolletjie gaan opsoek, terwyl ander sommer onder die warm komberse ingeklim het in 'n poging om 'n bietjie hitte in die stram spiere en koue gebeente te sit.

Die wintersdag het egter skielik warmer geword toe lede van die Angels met potte vol heerlike dik tuisgemaakte sop by Ons Huis opdaag, saam met 'n ander groot gunsteling, naamlik vetkoekies.   

Sop in die winter is trooskos ... onthoukos ... koesterkos!