Sunday 10 March 2024

The Angels se besoek tydens Maart

Die terapeutiese voordele van inkleur is wetenskaplik al oor en oor bewys. Hierdie is een van die moet-doen-aktiwiteite vir die senior landgenote. 

Een van die voordele is dat inkleur onder andere 'n kalmerende effek het. Gelukkig kan almal van ons inkleur, maar nie almal van ons kan teken nie. Dus het ons geen verskoning as dit by inkleur kom nie. Inkleur stimuleer kreatiwiteit, dit verbeter die gemoedstemming, verbeter konsentrasie, sowel as die oog-hand-koördinasie. 

In kort is inkleur voordelig vir volwassenes se geestes- en fisieke gesondheid en dit hou die kognitiewe funksies in stand tydens die verouderingsproses. 

En natuurlik kan 'n mens dit sommer net vir die lekkerte doen.

Saterdag was dus inkleurdag en terwyl almal met kleur gewerskaf het om hulle prentjies te laat praat, het die engele solank wafels gebak en dit met heerlike gekleurde roomys bedien.

Saterdag was dus 'n kleurvolle herfsdag in die eetsaal van Ons Huis.

 by een van die inwoners.

Foto's: Millie Mouton

No comments:

Post a Comment