Sunday 3 March 2024

Gedig: Kaalvoetkind

My Redder het my gesoek en gevind.
Ek voel lig en vry soos die wind
Want ek is die Heer se kaalvoetkind.
Ek huppel die hele wêreld rond
Trek my skoene uit, want ek beweeg op Heilige grond.
Stamp ek my voet teen ‘n klip
Weet ek dit is die randsteen wat keer dat ek van my Heer se pad afglip.
Steek ‘n doring in my voet so seer
Is U daar om vertroostingsalf aan te smeer.
Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel
Is U ook daar om my op te tel.
Vra mense my:
Waar is jou Heer??
Sê ek: Hy is hier binne-in my met Sy liefde so teer.
Hoe is daar net een ry spore? sal hul vra.
Antwoord ek: Dit is daar waar my Vader my in Sy arms dra.
Daarom is ek so bly, ek het in Sy Woord ‘n holte vir my siel gevind.
Dag en nag, waar ek my ook al mag bevind, is ek stewig aan Hom vasgebind, 
met Sy Ewige Liefdeslint.
Ek, die Here se ... Kaalvoetkind.

- Brenda (Sielskos)

[Voorstel: gaan Google gerus hierdie persoon se werk.] 

No comments:

Post a Comment