Friday 1 March 2024

Seisoene

Daar is verskillende seisoene in die lewe - lente, somer, herfs en winter. So kom daar in elke mens se lewe ook 'n sekere seisoen waarvan 'n mens dalk nie baie hou nie - dit kan herfs wees of winter - jy het jou redes. Slegte ervaringe en herinneringe speel 'n rol in jou houding teenoor die bepaalde seisoen.

Soms wanneer jy 'n herfsseisoen beleef, word jy beroof van jou werk, gesondheid of geliefde - dis soos die blare van die bome wat verkleur en dan afval. Dit laat 'n gevoel van verlies en somberheid in die gemoed - maar het ook sy eie mooi. Die gekleurde blaremat onder die boom vertel van 'n eens gesonde boom wat koelte verskaf het en 'n lus vir die oog was. 

Soms is dit nodig dat ons deur hierdie twee seisoene in ons lewens gaan, om gestroop te word van onsself om weer 'n nuwe begin te maak. Gestroop te raak van die eie ek en die goeie wat ons het, om die waarde daarvan te kan waardeer, te kan sien en voel wat ander mense deurgaan en ervaar, terwyl ek en jy ryk en verryk is. 

Daar is hoop na 'n winterseisoen - al lyk dit asof alles dood en koud is - daar is lewe en dit sien ons wanneer die lente aanbreek, wanneer nuwe blaartjies hul verskyning maak. 

As jy tans in 'n winterseisoen van jou lewe is, hou moed, daar sal weer 'n lentetyd met nuwe bloeisels en blaartjies aanbreek. 'n Seisoen waar jy weer die vreugdes sal ervaar van die somerson op jou gesig.

Hou jou oë gevestig op Jesus, die Voleinder, die Begin en die Einde - die Son van Geregtigheid.

[Dankie, Estelle, dat jy hierdie internetboodskap met almal deel.] 

No comments:

Post a Comment