Monday 4 March 2024

Vandag se internetgebed vir jou: Here, dra my

Hou my styf vas Here, wanneer my voete gly.
Hou my vas Here, as ek op verkeerde paaie bly.
Troos my, Here, wanneer die trane vryelik vloei.
Genees my hart, Here, wanneer my hart bloei.
Hou my geselskap wanneer ek eensaam voel.
Gee sekerheid as ek dink die lewe is sonder 'n doel.
Wees U my Vriend as mense my verlaat.
Wees U my wysheid as ek soek na goeie raad.
Wees U my geneesheer as ek siek en vol pyn is.
Wees U my kragbron as my kragte begin kwyn.
Wees U my anker as die vloed my mee wil sleur.
Die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur.
Wees U my stut wanneer ek op moeilike paaie loop.
Wees U my Vertroue as ek voel daar is geen meer hoop.
Dankie, Here, dat ek dit van U mag vra.
Dankie, Here, dat U my deur alles dra.
AMEN

No comments:

Post a Comment