Showing posts with label TV. Show all posts
Showing posts with label TV. Show all posts

Thursday, 7 August 2025

Ouma se wenke: Maak so jou televisie TV skoon

* Volg die maklike stappe om jou TV netjies en skoon te hou – met ’n water-en-asynoplossing: Sit die TV af sodat jy kan sien waar op die skerm daar vuilmerke en stowwerigheid is.

* Meng ’n oplossing van gelyke hoeveelhede water en asyn. Die asyn is ’n natuurlike reiniger. Dis ook ‘n veiliger en goedkoper manier om jou TV skoon te maak.

* Druk ’n microfiber-lap in die asynwater-oplossing en vee die skerm saggies af. Indien nodig, vryf bietjie harder om vuil plekkies skoon te kry.

* Gebruik ’n tweede lap om die skerm droog af te vee, aangesien die vloeistof merke op die skerm kan los.

* Was die raam van die skerm. ’n Harde plastiekraam benodig bietjie meer aandag, so dip handdoekpapier in die asynplossing en vryf dit skoon. Gebruik ’n tweede stuk om dit droog te vryf.

* Moenie die asyn-oplossing direk op die skerm gooi of spuit nie. Dit kan die skerm beskadig. Jy kan ook ’n skoonmaakmiddel vir TVs by enige rekenaarwinkel koop.

* Moenie skoonmaakmiddels koop wat ammoniak, alkohol, asetoon of chloried bevat nie.

Friday, 14 June 2019

n Groot-uit-die-hart-dankie vir omgeeharte

Laerskool Eureka se leerders bring 'n blombesoek aan Ons Huis. Nie net het hulle die inwoners met heerlike eetgoed bederf nie, maar Kersfees het inderdaad vroeg gekom. Hulle het 'n plat skerm TV-stel, 'n DVD-speler, linne en 'n elektroniese Bybel geskenk. Dankie dat julle ons inwoners na waarde skat. Julle moet die vakansie geniet en onthou: Julle is altyd welkom by Ons Huis!! Nog foto's hier.