Showing posts with label Verlossing. Show all posts
Showing posts with label Verlossing. Show all posts
Sunday, 15 December 2024
Dankbaarheidsgebed
Here, ons dank U vir die lig van hoop wat in Jesus kom. Mag ons harte vol vreugde wees terwyl ons u belofte van verlossing vier. Help ons om hierdie tyd van voorbereiding te gebruik om na U uit te sien met verwagting en hoop. Amen.
Tuesday, 22 December 2020
Jesus is the reason for the season
Noudat dit Kersfeestyd is hoor mens dikwels slagspreuke soos
“Put Christ back into X-mas” en “Jesus is the reason for the season”.
Ek hou
daarvan, want dit herinner ons (en die wêreld) dat Jesus sentraal moet wees in
ons Kersfeesvieringe. Toe Jesus gebore is, was daar nie vir Hom plek in die
herberg nie en ek wonder baie keer hoekom het die herbergier nie maar êrens ‘n
ou plekkie gemaak vir die Verlosser, die Koning, die Vredevors om gebore te
word nie? Dalk is dit omdat hy nie gewéét het dat dit Hy is nie? Maar ons, ons
wéét Hy is die Saligmaker, die Seun van God, Immanuel. Kom ons maak vir Hom
plek hierdie Kersfees, plek in ons harte, plek in ons lewe en in ons huise.
Daar is ‘n lied wat ons sing wat sê: Al word die Seun van God ‘n duisend maal
gebore, maar nie in jou nie, bly jy verlore. Maak plek vir Jesus ... Wilna
Thursday, 12 April 2018
Subscribe to:
Posts (Atom)

