Tuesday 22 December 2020

Jesus is the reason for the season


Noudat dit Kersfeestyd is hoor mens dikwels slagspreuke soos “Put Christ back into X-mas” en “Jesus is the reason for the season”. 

Ek hou daarvan, want dit herinner ons (en die wêreld) dat Jesus sentraal moet wees in ons Kersfeesvieringe. Toe Jesus gebore is, was daar nie vir Hom plek in die herberg nie en ek wonder baie keer hoekom het die herbergier nie maar êrens ‘n ou plekkie gemaak vir die Verlosser, die Koning, die Vredevors om gebore te word nie? Dalk is dit omdat hy nie gewéét het dat dit Hy is nie? Maar ons, ons wéét Hy is die Saligmaker, die Seun van God, Immanuel. Kom ons maak vir Hom plek hierdie Kersfees, plek in ons harte, plek in ons lewe en in ons huise. Daar is ‘n lied wat ons sing wat sê: Al word die Seun van God ‘n duisend maal gebore, maar nie in jou nie, bly jy verlore. Maak plek vir Jesus ... Wilna

No comments:

Post a Comment