Showing posts with label Blondine. Show all posts
Showing posts with label Blondine. Show all posts

Saturday, 4 July 2026

Saterdaglagmedisyne - Koos van der Merwe se beurt

Koos het bakore gehad.
"Koos," vra 'n maat op 'n dag, "pla daardie ore jou nie?"
"Nooit," antwoord Koos, "behalwe wanneer ek 'n rondekraagtrui aantrek."

oooOOooo

Hoekom sit Koos elke aand 'n stukkie kaas langs sy rekenaar neer?
Hy is bang die muis word honger. 

oooOOooo

Koos is met 'n blondine getroud. By die werk is hy die enigste mens met 'n deurskynende kosblik. Toe sy een kollega hom daarna vra, antwoord hy as volg: My vrou reken dan kan ek weet of ek werk toe of huis toe moet gaan.

Saturday, 19 July 2025

Saterdaglagmedisyne - allerlei waarhede


* Watter soort groente is 'n moet in enige dieet?
Wortelkoek, mieliebrood en pampoentert.

* Hoe langer jy leef, hoe gouer gaan jy dood ...

* Iemand vra in die supermark vir my of ek dan nooit 'n koerant koop nie. Toe sê ek op die ingewing van die oomblik: "Nee, ek lees nie móre se ou nuus nie."

* Gister gehoor op RSG-boekvoorlesing met verwysing na polisievoertuie op 'n misdaadtoneel. "Dit lyk soos 'n kersboom op Ritalin"

Saturday, 5 July 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* Hoe ken 'n mens 'n blondine uit by 'n begrafnis?
Sy is die een wat die ruiker probeer vang.

* Die blondine besluit op die ingewing van die oomblik dat sy in die tuin wil gaan slaap.
Sy wou soos 'n klip slaap.

* Een blou Maandag sien 'n brunet dat haar blonde buurvrou kort-kort na haar posbus toe trippel en dan met 'n frons op haar voorkop die huis instap.
"Verwag jy 'n belangrike brief?" vra die brunet.
"Nee," sê die blondine, "Maar my rekenaar hou aan sê ek het pos."

* Een van die blondines in die ouetehuis (wat nog nie grys geword het nie) staan en spring op en af in haar kamer.
Suster aan diens: "Het jy enige probleme?"
Blondine: "Nee, Suster, ek het vergeet om die bottel te skud, voordat ek die twee lepels medisyne gedrink het."    

[Saam met die blondine-grappies het daar ook heelwat Koos van der Merwe-grappe op die tafel beland. Een leser reken dat Koos nou al 'n hele klompie jaar in die ouetehuis is en dat die nuwe geslag nie meer vir Koos sal ken nie. Nog een rondte blondine-grappies, dan kry Koos 'n beurt!]  

Saturday, 7 June 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* 'n Blondine stap by die boekwinkel in om leesstof vir die naweek te koop.
"Ek wil graag 'n paar boeke koop," sê sy.
"Ligte of swaar leesstof?" vra die winkelassistent.
"Dit maak nie saak nie. Ek het my motor hier."

* "Hoe oud is jy vandag?" vra die blondine se beste vriendin vir haar.
Blondine: "Vier en twintig."
"En hoe oud is jou jonger suster nou weer?"
"Dertig."

* Hoekom begrawe die blondine haar kar?
Omdat die kar gevrek het.

* Hoe maak 'n blodine 'n mol dood?
Sy begrawe die ou molletjie lewendig.  

[Dankie aan almal wat so ywerig aan die blondine-grappe deelgeneem het.] 

Saturday, 3 May 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* Wat dink julle kan 'n blondine tref, sonder dat sy dit agterkom?
'n Gedagte.

* Hoeveel blondines is nodig om wegkruipertjie te speel?
Een.

* Hoekom het die blondine PE toe getrek?
Dis makliker om te spel as Pretoria.

* Hoekom kan die blondine nie die syfer 11 skryf nie?
Sy het nie geweet watter een om eerste nie.

[Word vervolg.]

Saturday, 5 April 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* Het julle geweet daar is 'n vereniging vir blondines gestig?
Hulle noem dit die Ama-dom-dom.

*    Die blondine kuier vir die eerste keer op die plaas.
"Ek kan nie verstaan waarom die melk vanoggend so waterig lyk nie," sê die boervrou.
"Seker omdat die koeie die hele nag in die reën gestaan het," antwoord die blondine. 

*  "Kyk net, daai vrou het groen hare!" sê die een blondine aan die ander.
"Ek wonder hoe kry sy dit so?"
"Sy is seker 'n vegetariër."

* Hoekom dink julle neem dit 'n blondine so lank om 'n soutpotjie vol te maak?
Sy sukkel om die sout deur die gaatjies te kry.

[Word vervolg!]

Saturday, 1 March 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* Daar is 'n baie goeie rede waarom blondines nie teetyd by die werk kry nie.
Dit vat te lank om hulle weer op te lei.

* Die blondine besoek 'n groot hoenderplaas en die eienaar wys haar 'n bietjie rond en verduidelik vir haar van die verskillende soorte hoenders.
"Maar, Piet," wil sy fronsend weet, "Watter hoenders lê dan die roereiers?"

* Hoe weet 'n mens dat die blondine in die kombuis was?
Daar is paperborde in die skottelgoedwasser.

* Die blondine is besig om 'n nuwe resep uit haar ouma se Kook en Geniet te maak. Hoekom staan sy roerloos voor die stoof?
Die resep sê uitdruklik: "Moenie roer nie."

[Dankie aan almal wat so ywerig bondine-grappies ingestuur het - nooit besef daar is soveel grappies/waarhede oor blondines nie.]

Saturday, 1 February 2025

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* By die werk is die enigste mense met deurskynende kosblikke die blondines. Een blondine het die rede as volg vir een van haar kollegas verduidelik:
Sodat die blondines kan weet of hulle werk toe of huis toe moet gaan.

* Wat word 'n blondine tussen twee brunette genoem?
'n Kommunikasiegaping.

* Hoe hou jy 'n blondine vir ure lank besig?
Gee vir haar 'n papier met die woorde blaai om, asseblief op albei kante geskryf.

* Waarom drink die blondine 'n glas OMO na elke ete?
Op die houer staan: Met nuwe verbeterde vetverwyderaar 

[Word vervolg]

Saturday, 23 November 2024

Saterdaglagmedisyne - Blondinegrappe


Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...

* Gehoor van die blondine wat elke aand 'n stukkie kaas langs haar rekenaar neersit?
Sy is bang die muis word honger. 

* Daar staan 'n hele ry van 17 blondines by die ingang van die bioskoop. Hoekom gaan hulle nie in nie? Hulle moet 18 wees om in te gaan.

* Blondines is 'n klinkklare bewys van reïnkarnasie. Niemand kan in slegs een leeftyd so dom word nie.

* My blonde buurvrou se hond heet Vraat. 
Ek: "Hoekom gee jy vir jou hond so 'n eienaardige naam?"
"Want hy hap gedurig."