Aan die eertydse blondines in Ons Huis wat nou almal getooi is met grysheid en gepaardgaande wysheid: geniet hierdie grappies ...
* Gehoor van die blondine wat elke aand 'n stukkie kaas langs haar rekenaar neersit?
Sy is bang die muis word honger.
* Daar staan 'n hele ry vna 17 blondines by die ingang van die bioskoop. Hoekom gaan hulle nie in nie? Hulle moet 18 wees om in te gaan.
* Blondines is 'n klinkklare bewys van reïnkarnasie. Niemand kan in slegs een leeftyd so dom word nie.
* My blonde buurvrou se hond heet Vraat.
Ek: "Hoekom gee jy vir jou hond so 'n eienaardige naam?"
"Want hy hap gedurig."
No comments:
Post a Comment