Begin vandag met die woorde van jou mond en die oordenkinge van jou hart, om God, jou Rots en jou Verlosser, welgevallig te wees voor sy aangesig (verg. Ps. 19:15)
Laat nie net jou woorde, maar ook jou dade, die wonders van God verkondig.
God wil vandag weer wonders vir jou doen, dat waar jy dink jy geen krag of wysheid het, God jou krag en jou sterkte sal wees. God sal sy engel stuur om jou, sy kneg, te verlos van die bose.
Dankie God van vrede, vir u geregtigheid en goedheid wat U my so genadiglik toevoeg daagliks. Hoe groot is u tekens, en hoe magtig u wonders! U koninkryk is 'n ewige koninkryk, en u heerskappy is van geslag tot geslag! (vers 3) Laat u Naam geheilig en geloof word elke dag. Ek prys U en ek roem en eer U, Koning van die hemel: Al u werke is waarheid en u paaie is reg, en U kan verneder die wat in hul trotsheid wandel (vers 37). Ek sal al u tekens en wonders vandag verkondig. U genade is my krag en my sterkte. Amen.
[Aangestuur deur Pieter Swanepoel]
No comments:
Post a Comment