Showing posts with label Joey Cloete. Show all posts
Showing posts with label Joey Cloete. Show all posts

Friday, 23 October 2026

Gedig: Afskeid

Die uurglas het reeds leeg geloop,
die populierboom is gestroop
van elke goue blaar.
En ons, ons staan beteuterd rond
en tuur half skuinsweg op die grond –
soos vreemdes vir mekaar.

Ek weet jy wil nog met my praat,
maar onder in die donker straat
hoor ek die motor toet.
En vir die derde, vierde keer
sit ek my loodswaar koffer neer
om jou verlaas te groet.

Koos du Plessis

Wednesday, 7 October 2026

Teetyd: Tee kalmeer die gees en verkwik die siel


Moenie die waarde van 'n koppie tee onderskat nie, want daarmee les jy veel meer as jou dors. 'n Geurige koppie tee troos as jy sat voel en lus is vir niks meer as om geselsies te maak met 'n teekoppie in jou hand nie.

In die eetkamer van Ons Huis sal jy altyd iemand kry om 'n heerlike geselsie mee aan te knoop. Op die foto van links na regs is Esna van der Merwe, Claudia Poliesie, Annatjie Grobbelaar en Joey Cloete.