Voorspoed het mos ‘n manier om ons gou van ons kinderlike en afhanklike geloof te stroop.
En wanneer dit gebeur het, is ons presies waar Satan ons wil hê.
Wanneer ons op ons eie missie is en ons hand uit God s’n laat gly, kan die bose met ons maak net wat hy wil. Iets wat tragiese gevolge kan hê!
Liewe medegelowige, wanneer dit met jou goed gaan, jy gelukkig is en op alle terreine van jou lewe die goeie geniet, beleef jy ‘n wonderlike fase in jou lewe. Geniet dit! Want dis God se geskenk van goedheid aan jou!
Maar weet ook dat niks wat jy is of het, daar sou wees sonder die genade van jou Vader nie. God verwag van ons dat ons in slegte en goeie tye Hom met dieselfde passie sal aanbid.
Dis wanneer ons dubbele seën ervaar.

No comments:
Post a Comment