Wednesday, 14 October 2026

Hartsake oor 'n koppie tee: Dis maklik om van God te vergeet!

* Veral wanneer dit met ons baie goed gaan, 
ons min bekommernisse het en 
ons buitengewone voorspoed geniet 

*Dan kan ons gou onder die illusie leef 
dat ons prestasies, suksesse en rykdom uit onsself is
en dat ons God nie regtig so nodig het nie

* Voorspoed het mos ‘n manier om ons gou 
van ons kinderlike en afhanklike geloof te stroop
En wanneer dit gebeur het, 
is ons presies waar Satan ons wil hê

* Wanneer ons op ons eie missie is en 
ons hand uit God s’n laat gly,
kan die bose met ons maak net wat hy wil
Iets wat tragiese gevolge kan hê!

* Liewe medegelowige, 
wanneer dit met jou goed gaan, jy gelukkig is en 
op alle terreine van jou lewe die goeie geniet, 
beleef jy ‘n wonderlike fase in jou lewe

* Geniet dit!
Want dis God se geskenk van goedheid aan jou!
Maar weet ook dat niks wat jy is of het, 
daar sou wees sonder die genade van jou Vader nie

* God verwag van ons dat ons in slegte en goeie tye Hom met dieselfde passie sal aanbid
Dis wanneer ons dubbele seën ervaar!

[Aangestuur]

No comments:

Post a Comment