Showing posts with label Testament. Show all posts
Showing posts with label Testament. Show all posts

Saturday, 10 May 2025

Saterdaglagmedisyne - ouderdom en aggressie!


* Wat is die definisie van ouderdom?
Wanneer jou ledemate harder as jou stem kraak.

* Die spietkop trek die ou oom van 78 ongeveer 02h30 in die oggend af. Die oom is goed gesool! Spietkop: "My oom, jy is smoordronk, en jy bestuur dié tyd van die oggend. Waarheen is jy op pad?" Oom: "Nee, ek is op pad na 'n lesing toe."
Spietkop: "Lesing??? Strooi, man. Waarheen is jy op pad?"
Oom: "Ek is op pad na 'n lesing oor drankmisbruik, alkoholisme, dobbelary, verbode seks, en opkikkers."
Spietkop: "En wie sal nou die tyd van die oggend so 'n lesing aanbied?"
Oom: "My vrou, natuurlik!"

* Koffie maak ‘n mens definitief aggresief!!! Ek het gisteraand 12 dubbele brannewyne gedrink en my vrou net twee koffies. Jy moes sien hoe befoeterd was sy!!!

[Dankie, Valerie!] 

Saturday, 12 May 2018

Ek sit net rond en luister na hul praatjies...

‘n Ou man is al vir ‘n paar jaar doof. 

Eendag gaan hy dokter toe om ‘n gehoorapparaat te kry waarmee hy weer alles sal kan hoor. ‘n Maand daarna gaan hy terug dokter toe vir sy
maandelikse besoek. Die dokter sê vir hom: “Jou gehoor is nog 100%. Wat sê jou familie daarvan?” 

Die ou man sê: “O, nee, ek het nog nie vir hulle daarvan vertel nie, ek sit net
rond en luister na hul praatjies. Ek het my testament al drie keer verander.”