Saturday 12 May 2018

Ek sit net rond en luister na hul praatjies...

‘n Ou man is al vir ‘n paar jaar doof. 

Eendag gaan hy dokter toe om ‘n gehoorapparaat te kry waarmee hy weer alles sal kan hoor. ‘n Maand daarna gaan hy terug dokter toe vir sy
maandelikse besoek. Die dokter sê vir hom: “Jou gehoor is nog 100%. Wat sê jou familie daarvan?” 

Die ou man sê: “O, nee, ek het nog nie vir hulle daarvan vertel nie, ek sit net
rond en luister na hul praatjies. Ek het my testament al drie keer verander.”

No comments:

Post a Comment