Tuesday 31 July 2018

Raak betrokke by Vriende van Ons Huis!!

Gaan loer gerus by Vriende van Ons Huis se FB vir verdere inligting en om die vordering van hierdie verdienstelike projek dop te hou.

Vriende, ons is besig met fondsinsameling vir Ons Huis Kimberley. Jy kan 'n verskil maak!! Maak jou bydrae en daag jou vriende uit om dieselfde te doen. Gaan 👍🏻 like Vriende van Ons Huis se blad asb! In hierdie geval is dit letterlik hoe meer siele hoe meer vreugde.

Donasies kan in die volgende rekening betaal word:

Ons Huis 
Capitec
Tak Kode - 470010
Flexible Savings Account Rek - 1577609156

Baie dankie vir jou ondersteuning!

The first step...


Monday 30 July 2018

Die vreugde van omgee en geskenkies ...


Seniors se shortcuts

Die kinders het mos hul SMS kodes - soos BFF, WTF, LOL ens.

So, hier is kodes vir seniors:

BDD - By die Dokter

BVSB - By Vriend se Begrafnis

BDR - Bring die Rystoel

KWS - Kry Weer Sooibrand

SG - Skryf Groter

IMGA - Is My Gehoortoestel Aangeskakel?

MGPBL - Moet Gaan, Pasaangeër se Battery Laag

WPEA - Wat Praat Ek Alles?

WWW? - Waar Was Ek Nou Weer?



Sunday 29 July 2018

Saturday 28 July 2018

'n Heerlike 67 minute van bederf ...


18 Julie 2018

Lede van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die inwoners van die hoofgebou van Ons Huis kom besoek op Mandela-dag. 

Hulle het heerlike eetgoed saamgebring, asook geskenkies en die inwoners het elkeen 'n nekmasering gekry. 

Baie dankie vir die 67 minute wat julle saam met ons inwoners spandeer het.

Vir nog foto's, maak gerus 'n draai by die ACVV FB. 






 
 

God se geleentheid...


Friday 27 July 2018

Die verswakte afdeling word bederf!


Ons Huis se verswakte afdeling het besoek ontvang van Kimberley Hospitaal se terapie-sentrum. Wat 'n welkome verandering was dit nie in die daaglikse roetine van hierdie afdeling toe die 7 besoekers op Mandela-dag 'n glimlag op die inwoners se gesig gesit het nie.

Elke inwoner het 'n kombersie ontvang en terapie is met die Alzheimers-inwoners gedoen. Almal het lekker saam gekuier. Baie dankie vir die 67 minute wat julle saam met ons inwoners spandeer het. Dit word opreg waardeer - hierdie inwoners kry nie altyd besoek nie! Onthou, julle hoef nie tot die volgende Mandela-dag te wag nie!! Julle is altyd meer as welkom. Kyk ook na die FB vir nog foto's.
Aitsa, Wynand!!!


Ernie is die ene smiles hier!!!
Granny is reeds so lief vir 'n soet dingetjie!


I learn...


Take away their power...


Thursday 26 July 2018

Tuesday 24 July 2018

Monday 23 July 2018

Maak jou wêreld groter as jouself ...


(Ek deel graag 'n klein stukkie van die onderhoud wat Esmé Brink met Tannie Rina Lloyd gevoer het. Sy is 'n inwoner van Huis Aristea in Durbanville). Gaan lees gerus die volledige onderhoud hier.  

Ek waag om te vra wat die minder lekker deel van oud word is. “Mens verswak, en jy voel jy bly agter, want almal rondom jou gaan dood. Dis dan wanneer jy besef jou wêreld raak al hoe kleiner, want daar is nie meer iemand oor wat jy goed ken, vir wie jy iets kan vertel nie. Daarom moet jy besef, al is jy oud is jy nie sinneloos nie”. Vir haar is dit belangrik om betrokke te bly by kerklike aktiwiteite en sosiale aangeleenthede. “Mense moet nie alle ouer mense oor dieselfde kam skeer nie, ons sit nie net en wag vir die dood nie”.

Toe ek haar vra hoe die gemeenskap kan betrokke raak by ouer mense in tehuise is die versoek eenvoudig. “Gee ons weer onafhanklikheid. Hier is mense wat niemand het nie, niemand wat hulle kan dokter, apteek of biblioteek toe neem nie. Of bring vir ons boeke om te lees. Ai, ek geniet die kleintjies so as hulle kom kuier en staan verstom oor hul woordeskat en wat hulle alles weet”.

Sy bly ‘n oomblik stil.  “Maar weet jy, ek weet hoe besig die lewens van almal in die stad is en alles kos geld, mens kan nie van mense verwag om alles te los om jou te kom help nie”.

Ek moet groet, en sy staan op om saam met my te stap na die voorportaal. “Al wat ons vra is waardigheid en respek. Kom kuier vir my dan wys jy my hoe lyk jou kinders”.

Dit val my by hoe hierdie mense ten spyte van armoede in hulle kinderdae, ’n toestand wat hulle tot vandag nog bybly, in staat was om deur middel van harde werk beroepe te kon bekleë en kinders te kon grootmaak wat almal vandag suksesvol is.

Hoe baie het ons juis nie te leer uit hulle voorbeeld nie?

Can you explain it to your Grandmother?


Sunday 22 July 2018

Wednesday 18 July 2018

Monday 16 July 2018

Blackie se waarde...
























[Bron: Maroela Nuus - gaan lees gerus hier]
Volgens Raedun Malherbe is dit 'n hondehemel - hy kry
kossies by almal!! 
Annatjie Deyzel sê dis tog te oulik. Ek glo die woef word
baie bederf. Dit is darem 'n troos vir die inwoners wat nie
diere mag aanhou nie.

























Sunday 15 July 2018

Saturday 14 July 2018

Basaar: 4 Augustus 2018

Dutoitspan-gemeente hou hulle jaarlikse basaar
weer langs die oop stuk grond oorkant Game. Kom maak gerus 'n draai daar en kom deel in die vreugde van die gemeentefees.

As daar van die inwoners is wat graag iets vir die naaldwerktafel wil maak, is julle meer as welkom.

Kontak gerus die kerkkantoor vir verdere besonderhede:

Kantoor: 053 842 1100 (Elsa Minne)

Altyd en nooit...

Vir hulle wat dieselfde as die digter voel...

Friday 13 July 2018

Thursday 12 July 2018

Tuesday 10 July 2018

Verbeter jou breinaktiwiteite ...

‘n Bekende Mediese Fonds het ‘n klompie tegnieke bekend gemaak wat jy kan toepas as jy jou breinaktiwiteite wil verbeter. Hulle gee die volgende wenke:

• Verminder jou stresvlakke
• Doen fisiese oefeninge – jou brein baat ook daarby
• Breek weg uit ʼn roetine
• Stel meer eise aan jou brein (soos blokkiesraaisels of breinknopers)
• Doen iets nuuts
• Kry genoeg slaap
• Lees boeke om jou aan nuwe idees bloot te stel
• Lag meer dikwels
• Luister na musiek
• Skryf dinge neer om dit in jou brein in te prent

Jy kan gerus maar weer hierdie wenke stadig deurlees. Dit werk!

Ook Petrus het gedink dat dit nodig is dat ons ons brein wakker moet hou. Hy het gesê:
"Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus" (1 Pet 1:13).

Die humor van die senior burgers...

Die humor van die senior burgers het my vandag laat lag.
My skoonma wat haar 80ste verjaardag al ‘n paar jaar gelede gevier het, vertel my vandag die storie:
• Op 20 wil ‘n vrou romanties wakker word
• Op 30 wil sy getroud wakker word
• Op 40 wil sy ‘n ryk vrou wakker word
• Op 50 wil sy ‘n suksesvolle vrou wakker word
• Op 60 wil sy tevrede wakker word
• Op 70 wil sy gesond wakker word
• Op 80 wil sy net flippen wakker word

Toe vra sy, my kind – wat beteken flippen ?

[Geleen van die volgende web: gepubliseer: 11 Mei 2008]

Monday 9 July 2018

Die breinwaarde van blokkiesraaisels ...

'n Studie wat geborg is deur die VSA se National Institute of Aging verbonde aan die National Institute of Health, het ongelooflike bevindings gemaak. 70-jariges wat 10 sessies van kognitiewe opleiding ondergaan het, het dinge helderder onthou, inligting vinniger verwerken meer gedrewe geredeneer.

Daar is talle maniere om die brein te "oefen", bv. lees en skryf, ontsyfering (blokraaisels, letterspeletjies en legkaarte), ontleding en probleemoplossing is almal kragtige "vitamiene" vir jou brein.

(Uit Gesond.Gelukkig. Sonder gier. Deur Lisa Morrone ISBN 978-1-4316-0039-7)

Met al hierdie feite in gedagte, is dit belangrik vir ons hier by Ons Huis dat die inwoners gereeld blootgestel word aan blokkiesraaisels en legkaarte.


Irma van As, die boekhouer van ACVV Kimberley, vul saam
die inwoners blokkiesraaisel in. Hulle geniet dit vreeslik baie.


Daar is min dinge so lekker soos die son in die winter. So
om "breinoefeninge" in die son te doen, word daar twee
vlieë met een klap geslaan ...

Gaan maak 'n draai by die ACVV FB vir nog foto's.