Ons Huis se verswakte afdeling het besoek ontvang van Kimberley Hospitaal se terapie-sentrum. Wat 'n welkome verandering was dit nie in die daaglikse roetine van hierdie afdeling toe die 7 besoekers op Mandela-dag 'n glimlag op die inwoners se gesig gesit het nie.
Elke inwoner het 'n kombersie ontvang en terapie is met die Alzheimers-inwoners gedoen. Almal het lekker saam gekuier. Baie dankie vir die 67 minute wat julle saam met ons inwoners spandeer het. Dit word opreg waardeer - hierdie inwoners kry nie altyd besoek nie! Onthou, julle hoef nie tot die volgende Mandela-dag te wag nie!! Julle is altyd meer as welkom. Kyk ook na die FB vir nog
foto's.
|
Aitsa, Wynand!!! |
|
Ernie is die ene smiles hier!!! |
|
Granny is reeds so lief vir 'n soet dingetjie! |
No comments:
Post a Comment