Friday 6 July 2018

NG Kerk Diamantveld se omgee-besoek ...


Engele loop dikwels in mensgestaltes tussen ons rond,met omgee-harte wat uitreik na mense wat dit nodig het.

Ds Pieter-Roux du Toit en die dames van die NG Kerk Diamantveld het op 28 Junie heerlik saam met die inwoners van Ons Huis gekuier. 

Nie net het hulle heerlike eetgoed saamgebring nie, maar het hulle elke inwoner met 'n paar warm slaapkouse vir die koue winter verras. 

Baie dankie vir al julle omgee en liefde vir die inwoners. Dit gaan nie ongesiens verby nie.

(Gaan loer gerus by die ACVV FB vir nog foto's.) 

No comments:

Post a Comment