Showing posts with label Lente. Show all posts
Showing posts with label Lente. Show all posts

Friday, 11 September 2026

Die lente van die hart

Die winter se koue trek stadig terug,
daar’s ’n nuwe sagtheid in die laatmiddaglug.
Die bome wat kaal in die ryp moes staan,
trek nou weer groen Feesklere aan.

Vir ons wat reeds deur baie seisoene is,
bring hierdie bloeisels ’n diep gewis:
Die lewe vernuwe, die sirkel draai weer,
elke nuwe oggend is ’n geskenk van die Heer.

Die knieë mag stram wees, die jare gee gewig,
maar die lente bring vrolikheid terug in die gesig.
Met die geur van jasmyn en die voëls se gesang,
word die hart weer lig en die siel weer jonk gevang.

Want lente is nie net vir die jeug gereserveer,
dis die wysheid wat weet hoe om weer te floreer.
Mag hierdie seisoen van kleur en van lig,
’n glimlag bring op elke senior se gesig.

[Geskryf deur 'n KI-assistent]

Saturday, 31 August 2024

Friday, 1 March 2024

Seisoene

Daar is verskillende seisoene in die lewe - lente, somer, herfs en winter. So kom daar in elke mens se lewe ook 'n sekere seisoen waarvan 'n mens dalk nie baie hou nie - dit kan herfs wees of winter - jy het jou redes. Slegte ervaringe en herinneringe speel 'n rol in jou houding teenoor die bepaalde seisoen.

Soms wanneer jy 'n herfsseisoen beleef, word jy beroof van jou werk, gesondheid of geliefde - dis soos die blare van die bome wat verkleur en dan afval. Dit laat 'n gevoel van verlies en somberheid in die gemoed - maar het ook sy eie mooi. Die gekleurde blaremat onder die boom vertel van 'n eens gesonde boom wat koelte verskaf het en 'n lus vir die oog was. 

Soms is dit nodig dat ons deur hierdie twee seisoene in ons lewens gaan, om gestroop te word van onsself om weer 'n nuwe begin te maak. Gestroop te raak van die eie ek en die goeie wat ons het, om die waarde daarvan te kan waardeer, te kan sien en voel wat ander mense deurgaan en ervaar, terwyl ek en jy ryk en verryk is. 

Daar is hoop na 'n winterseisoen - al lyk dit asof alles dood en koud is - daar is lewe en dit sien ons wanneer die lente aanbreek, wanneer nuwe blaartjies hul verskyning maak. 

As jy tans in 'n winterseisoen van jou lewe is, hou moed, daar sal weer 'n lentetyd met nuwe bloeisels en blaartjies aanbreek. 'n Seisoen waar jy weer die vreugdes sal ervaar van die somerson op jou gesig.

Hou jou oë gevestig op Jesus, die Voleinder, die Begin en die Einde - die Son van Geregtigheid.

[Dankie, Estelle, dat jy hierdie internetboodskap met almal deel.] 

Saturday, 16 September 2023

Thursday, 7 September 2023

Uitnodiging: Die meer volwasse gemeentelede van 60 jaar en ouer

'n Spesiale lekker lente-bederfoggend vir al die gemeentelede wat in die lente van hulle lewe is. Kom kuier oor 'n koppie koffie of tee, kom gesels oor die ou dae, diep staaltjies en stories van weleer op en kom giggel oor die guitighede van die jongere geslag.

Sien jou daar - onthou net om vroegtydig te bespreek. 

PLEK: Dutoitspan Kerksaal
DATUM: 16 September 2023
TYD: 10:00
BESPREKING: Voor 11 September 2023
REDE: Dis heerlike lente, die winter is verby ...

Friday, 1 September 2023

Lentedagversekering: Die Here is ...

my Padwyser as ek verdwaal,
my Leidsman wanneer ek antwoorde soek,
my Trooster as my hart wil breek,
my Vriend as mense en vriende my verlaat,
my Hemelse Geneesheer wanneer ek siek is,
my Krag as ek steiltes moet klim,
my Kragbron as my kragte begin kwyn,
my Moed as ek hoop begin verloor en bekommerd raak,
my Lig as dinge donker om my raak,
en my Vreugde as ongeluk my wil oorweldig,
my Anker as die vloed my mee wil sleur.

Wednesday, 1 September 2021

Tuesday, 1 September 2020

Veels geluk, ACVV, 116 jaar oud!!

Veels geluk, liewe ACVV: 116 jaar oud op hierdie lentedag! Sien die verjaardagboodskap vanaf me. Ria Abel, voorsitter ACVV-hoofbestuur, hieronder: 

A very happy birthday, dear ACVV: 116 years old today and still a spring in your step!

Wêreldwyd het niemand die jaar 2020 reg voorspel nie. Ja, COVID-19 het ons almal tot stilstand gedwing. Die ACVV-vrywilligers en -personeel het hierdie nuwe uitdagings aanvaar, aangepas by omstandighede en het net die beste vir ons verbruikers inwerking gestel.

Vandag is die ACVV 116 jaar oud, ‘n vereniging wat tot stand gekom het deurdat ‘n handjievol vroue nie langer die nood van vroue en kinders en die ellende van die krygsgevangenes in die kamp op die Groenpuntse meent - die nagevolg van die Anglo-Boereoorlog - kon aanskou nie en daadwerklik wou optree om die nood te verlig.

Op 1 September 1904 het een van die grootste, mees betekenisvolle saamreise van vroue in ons land begin en is die ACVV gestig.

Van ‘n nederige begin het die ACVV gegroei tot die dinamiese vereniging van vandag met vrywilligers en toegewyde personeel wat ‘n groot verskil in die gemeenskap maak. Vandag is daar 113 takke met diensvertakkinge en lewer ons dienste aan gesinne, kinders en ouer persone.

Ek wil vandag hulde bring aan almal wat ons voorgegaan het, vrywilligers en personeel, mense wat stewige fondamente gelê het waarop ons vandag kan voortbou. Ons salueer u!

‘n Groot dank aan elke vrywilliger betrokke by die ACVV wat elke dag onbaatsugtige dienste lewer en vir wie niks te veel is om op te offer nie.

Sonder ons toegewyde personeel, sou ons nie hierdie groot taak met soveel sukses kon doen nie - ‘n groot dank aan julle.

Natuurlik is vriende en donateurs onontbeerlik vir die ACVV se voortbestaan - baie, baie dankie vir u ondersteuning .

As ACVV-lede en -personeel leef ons ons vereniging se waardes van integriteit, menswaardigheid, deernis, uitnemendheid en verantwoordelikheid elke dag uit.

Ons lewe in onseker tye met baie uitdagings en daarom wil ek vir elke tak en dienstak saam met hulle vrywilligers en personeel, Jabes se gebed bid vir die toekoms:

“Stort u seën oor my (ons) uit,
vergroot my (ons) grondgebied,
neem my (ons) onder U beskerming
en weerhou onheil van my (ons)
sodat geen smart my (ons) tref nie.”
(1 Kronieke 4:10)

Ria Abel
Voorsitter ACVV-hoofbestuur

Sunday, 1 September 2019

Saturday, 1 September 2018