Showing posts with label Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum. Show all posts
Showing posts with label Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum. Show all posts

Sunday, 24 May 2026

Elke kind verdien dit om veilig en geliefd te voel

Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika vind plaas van 29 Mei tot 5 Junie 2026. Dit val onder die breër, maandlange viering van Kinderbeskermingsmaand. Vanjaar se nasionale veldtog se tema is: 

"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."

Hierdie is so 'n belangrike saak en elkeen van ons moet die dag van môre se belange op die hart dra. 

Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat.   

Kontaknommer om van die strikkies te bekom:

053 831 2413

Moenie uitstel nie, kry sommer NOU jou groen strikkie! 

Saturday, 21 September 2024

Liefdadigheidsbraai - het jy al jou etekaartjies gekoop??

West End slaghuis hou 24 September 'n liefdadigheidsbraai vir
Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum
R100 per bord
met spitvleis, roosterkoek en slaai!

Monday, 29 July 2024

ACVV reik uit na Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum


Die ACVV het elke jaar 'n aantal projekte wat hulle loods om 'n verskil in veral minderbevoorregte kinders se lewens te maak. Tafeltjies, stoeltjies, speelgoed en baie ander oulike goed het hulle weg na Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum gevind na die sluiting van die ACVV-kleuterskool. Hierdie is een van die vele projekte wat hulle deur die jaar aanpak.