Showing posts with label Twyfel. Show all posts
Showing posts with label Twyfel. Show all posts

Monday, 9 February 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Leer my om te wag sonder om te twyfel ...

Here, leer my om te wag sonder om te twyfel, 
en om aan te hou glo
wanneer niks verander nie. 
Versterk my hart - 
nie net vir die eindpunt nie, 
maar vir die pad daarheen. 
Help my om te sien dat U naby is, 
selfs in die stilte. 
Laat my geduld getuig 
van my vertroue in u tydsberekening. 
Amen  

Friday, 3 October 2025

Vrydag-flits: Twyfel

God is altyd daar -
soms voel ons in tye van donkerte of ons alleen is -
maar weet net God los Sy kinders nooit alleen nie.
Dis juis in die tye wat God ons lig is
en ons deur die donker tye lei.
Vertrou altyd op Hom
Hy is die Weg en die Waarheid.
Moet nooit twyfel wat God vir jou kan doen nie.

Tuesday, 17 October 2023

Dinsdag-denke: Ware Talent

Nadat die jongman verskeie boogskutkompetisies gewen het, was hy baie vol van homself en besluit om die bejaarde man in die dorp, wat bekend was vir sy vaardigheid as ’n boogskutter, uit te daag.
Die jongman het sy tegniese vaardigheid bewys toe hy die teiken met die eerste pyl sekuur in die middel tref en met die daaropvolgende pyl sy eerste pyl raakskiet.

“Hoe is daardie vir skiet?” vra hy vir die ou man, “Kyk of jy dieselfde kan doen!” 

Onverstoord, sonder om sy boog te span, beduie die ou man vir die jonge om hom te volg, die berg op.
Nuuskierig oor die ou man se bedoelings, het die jong kampioen die ou man die berg op gevolg tot hulle by ’n baie diep kloof kom wat oorspan is met ’n baie swak en wankelrige boomstomp.

Baie kalm loop die ou man tot in die middel van die wankelrige en erg verswakte boombrug. Die ou man kies ’n verafgeleë boom as ’n teiken, span sy boog en skiet ’n perfekte kolhou.

“Nou is dit jou beurt,” sê hy terwyl hy versigtig terugtree tot hy veilig op Moeder Aarde staan.

Terwyl hy met afgryse af staar in die skynbare bodemlose kloof, kon die jong man homself nie sover kry om uit te stap op die boomstomp nie, wat nog te sê van ’n pyl skiet.

“Jy is baie bedrewe met jou boog,” sê die ou man, terwyl hy die jong man wat hom uitgedaag het se verleentheid agterkom, “maar jy het min ervaring om te midde van groot gevaar dieselfde talent te openbaar.”

“Ware talent is die vermoë om jou vaardighede aan te wend selfs in die mees ongunstige omstandighede: sonder angs, twyfel of versuim.”

Saturday, 16 February 2019