Showing posts with label Kinders. Show all posts
Showing posts with label Kinders. Show all posts

Sunday, 1 December 2024

Reik uit ...


Reik uit na inwoners wie se kinders oorsee woon of nie meer familie het nie. Ouers (lees inwoners) met kinders wat oorsee woon, dra soms so swaar aan die verlange dat hulle in depressie verval. Die verlange na hul kinders gaan saam met 'n leemte wat hulle daagliks voel en wat aan hulle gemoed knaag. 'n Hartskind op die regte plek en op die regte tyd, is beslis die regte medisyne.  

Kom neem gerus 'n oupa of ouma aan - kom kuier vir hulle, luister na hulle stories en brei jou plaaslike familiekring uit - iemand wat elke aand vir jou sal bid, wat graag vir jou 'n drukkie sal gee en wat uitsien na jou kuiertjies.

Hartskind, moenie hierdie goue geleentheid deur jou vingers laat glip nie. 

Monday, 11 April 2022

Vandag se internetgebed vir jou

Gebed vir ons kleinkinders

Ons grootouers vra U vandag om ons kleinkinders te bewaar
Teen elke dag se monsters, donker en gevaar
Jesus, hou hul hartjies en handjies styf vas
Maak hul lag, en elke dag se takies nie ‘n las

Dra hulle deur elke dag se alleen en siekte
Maak hul bewus van U Vaderlike liefde
Ongeag of hul val, struikel of sukses behaal
Hul weet U Koninkryk is die eindpaal

Maak hul ogies oop om regte besluite te neem
Leer hul om hul nie van die goeie te vervreem
Laat hul hartjies die wonder van vriendskap beleef
Gee hul die moed en krag om U Naam uit te leef.

[Geleen]

Saturday, 25 April 2020

Net 'n oproep ver van jou

Jou ouers is net 'n oproep ver van jou en jou familie. Bederf hulle met 'n ekstra oproep in hierdie grendeltyd. Bring 'n bietjie nuus van buite die mure van die ouetehuis. Vertel hoe dit met die familie gaan - hulle wil graag weet hoe dit gaan. 

Hulle wag vir jou oproep!

Saturday, 18 April 2020

Liewe Kinders

Onthou om, veral in hierdie grendeltyd, so 'n ekstra oproep of twee na Ons Huis te maak en met jou ma of pa te praat. 'n Telefoonkuier is net so 'n lekker kuier. Verbreed die vier mure van die kamer en bring so 'n stukkie van die buitewêreld na die klein kamertjie.

Sosiale kontak is afwesig -  kinders, vriende en kerklimate wat gewoonlik by die inwoners kom kuier het, kan nie meer nie.

Ouers is ook bekommerd oor die gesondheid van hulle kinders en kleinkinders. Kontak hulle en stel hulle gerus.

Geniet 'n foonkuier en sit 'n bietjie kleur in 'n vaal dag. 

Foongroete! 

Thursday, 16 May 2019

Uitdagings voor die deur van Ons Huis!

Duur mediese en kombuistoerusting 

Insameling van FONDSE vir die versorging van bejaardes 

Meer BETROKKENHEID van inwoners se KINDERS op welke wyse

Stygende versorgingskoste

Stygende personeelkoste 

Verswakking van inwoners

Tuesday, 7 August 2018