Monday 11 April 2022

Vandag se internetgebed vir jou

Gebed vir ons kleinkinders

Ons grootouers vra U vandag om ons kleinkinders te bewaar
Teen elke dag se monsters, donker en gevaar
Jesus, hou hul hartjies en handjies styf vas
Maak hul lag, en elke dag se takies nie ‘n las

Dra hulle deur elke dag se alleen en siekte
Maak hul bewus van U Vaderlike liefde
Ongeag of hul val, struikel of sukses behaal
Hul weet U Koninkryk is die eindpaal

Maak hul ogies oop om regte besluite te neem
Leer hul om hul nie van die goeie te vervreem
Laat hul hartjies die wonder van vriendskap beleef
Gee hul die moed en krag om U Naam uit te leef.

[Geleen]

No comments:

Post a Comment