Monday 18 April 2022

Die dood is oorwin

“Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.” ‭‭HANDELINGE‬ ‭2:24‬ ‭AFR53‬‬

• Die dood was vir baie mense ‘n vrees en selfs vandag is mense bang vir die dood omdat hulle Jesus nie ken nie. 
• Toe Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy die dood vir altyd oorwin. Nou hoef die dood nie meer gevrees te word nie. 
• Geliefde Jesus het vir ons die dood oorwin en ‘n deur geopen na die ewige lewe. 
• Ons verganklike aardse liggame sal in onsterflike hemelse liggame verander, die dood het geen mag oor jou as kind van God nie. 
• Jesus het met sy dood en opstanding die mag van die dood final uitgewis. Daarom hoef jy nie langer vir die dood bang te wees nie.

Gebed: Here dankie vir die wete U het die dood oorwin. Die dood ‘n pad na die ewige lewe. Vandag is daar geen vrees in my nie, maar net vrede wat ek in U vind. In Jesus naam. Amen 

No comments:

Post a Comment