Showing posts with label Kosbaar. Show all posts
Showing posts with label Kosbaar. Show all posts

Tuesday, 30 June 2026

Liewe Inwoner, jy is belangrik ...

Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

* Jy is Sy handewerk geskape na die beeld van Jesus Christus.
* Hy ken en weet alles, alles is in Sy hand.
* Loop op die pad wat Hy vir jou ingedagte het ...
* Jý is uniek, kosbaar en baie spesiaal in Sy liggaam.
* 'n Kragtige instrument in Sy hand, in Sy Koninkrykslegkaart en Sý liggaam.

[Internet]

Sunday, 24 March 2024

Hy is kosbaar vir My ...

Ek het jou naam op seesand geskryf,
maar seewater het oor dit gespoel.
Ek het jou naam in die lug geskryf,
maar die wind het dit weggewaai.

Toe besluit ek om jou naam in gebed te noem
en die Here antwoord my:
"Ek ken daardie naam.
Hy is kosbaar vir My
en niemand sal hom uit my hand ruk nie."

[Dankie, Elmari Guy]