Vandag stel ek vir André Duvenage aan die woord:
* Die lewe gaan nie net oor oorlewing nie. * Dit gaan daaroor om 'n verskil te maak in jou eie asook ander mense se lewens.
* 'n "Verskil maak" beteken nie noodwendig dat jy die wêreld vir almal moet verander nie, maar jy kan ten minste vir een persoon op 'n slag 'n POSITIEWE verskil maak.
* Dit vereis nie noodwendig intellektuele vermoë, finansies, supermenslike krag of enige buitengewone vermoëns nie.
* Dit neem soms net 'n eenvoudige glimlag ...
* 'n vriendelike gebaar of
* partykeer het iemand net nodig om met iemand te gesels wat werklik na hulle LUISTER.
* Gaan maak vandag 'n verskil, gee daardie glimlag, maak daardie koffie vir jou kollega ... wees die gewillige oor ...
* Klein vriendelike dade is wat WERKLIK die wêreld verander.
[Idioom: Verf 'n glimlag op iemand se gesig.]

No comments:
Post a Comment