Showing posts with label Berusting. Show all posts
Showing posts with label Berusting. Show all posts

Monday, 9 March 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Stap saam met my deur hierdie dag.

Here, hierdie dag is nog onbevlek. Help my om dit so te kan hou. Help my om vriendelikheid en liefde uit te leef teenoor almal met wie ek in aanraking kom. Help my om uit te reik na ander in nood. Om blymoedig en sonder voorbehoud te gee. Al gee ek net 'n glimlag, of 'n brood, 'n sagte aanraking, 'n warm handdruk of 'n drukkie, of al gee ek net 'n luisterende oor, 'n oomblik se stilstaan by iemand wat dit nodig het, of net 'n glas water, laat dit met liefde en omgee geskied.
Here, Gee my krag, wysheid en liefde. Gee my 'n opregte en dankbare hart. Stap saam met my deur hierdie dag. Dan sal ek alles met U hulp kan vermag. Amen

Monday, 2 March 2026

Vandag se internetgebed vir jou: Leef vandag

Dankie Vader, dat U ons gemaak het om dag vir dag te leef en nie onnodig in die verlede en toekoms wat net in ons denke bestaan, hoef te leef nie. Help ons om elke oomblik van elke dag te geniet en saam met U te wandel. In Jesus Naam. Amen

Monday, 17 November 2025

Vandag se internetgebed vir jou: Berusting

Here, ek bid vandag dat U elkeen berusting sal gee wat deur ‘n moeilike tyd gaan ‬‬en dalk 'n klomp onbeantwoorde vrae in hulle gemoed het - vrae oor hulle omstandighede of dalk die afsterwe van iemand na aan hulle. Here, ons ken net ten dele, maar ons vertroue is in U en ons weet dat ons eendag alles sal verstaan. Dankie dat U altyd daar is in maklike, maar veral in moeilike dae. In Jesus naam. Amen.