Here, hierdie dag is nog onbevlek. Help my om dit so te kan hou. Help my om vriendelikheid en liefde uit te leef teenoor almal met wie ek in aanraking kom. Help my om uit te reik na ander in nood. Om blymoedig en sonder voorbehoud te gee. Al gee ek net 'n glimlag, of 'n brood, 'n sagte aanraking, 'n warm handdruk of 'n drukkie, of al gee ek net 'n luisterende oor, 'n oomblik se stilstaan by iemand wat dit nodig het, of net 'n glas water, laat dit met liefde en omgee geskied.
Here, Gee my krag, wysheid en liefde. Gee my 'n opregte en dankbare hart. Stap saam met my deur hierdie dag. Dan sal ek alles met U hulp kan vermag. Amen

No comments:
Post a Comment