Showing posts with label Ina de Beer. Show all posts
Showing posts with label Ina de Beer. Show all posts

Friday, 13 March 2026

Gedig: Vertrou op die Here

Vertrou op die Here
met al jou probleme.
Vertrou op die Vader
Hy help jou op die daad.

Dink nie aan môre
gee Hom al jou sorge.
Vertrou op die Here
gee Hom al jou probleme.

Jesus weet alles
gee Hom jou pak.
Vertrou op die Here
met al jou probleme.

Jesus maak dit beter
dis nie vergete.
Vertrou op die Here
met al jou probleme.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer]

Sunday, 13 October 2024

Gedigte: Gebroke

Here, ek is gebroke, stukkend
Die lewe snel so vinnig verby.
Onder probleme gaan ek gebukkend.
Here, wanneer sal dit einde kry?

Elke dag is vir my moeilik Heer.
Om op te staan is vir my 'n stryd.
Maar elke dag probeer ek weer en weer.
Ek weet U sal my help op U tyd.

My probeme lê ek aan U voete neer,
en wanneer ek van die kruis wegstap,
weet ek U kyk op my neer.
Dat U my sal dra deur hierdie dag.

U gee my nuwe moed beslis.
Ek weet U het my gebed verhoor.
Totodat U my saak oordink,
sal ek nie moed verloor.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer - Dankie, Anoniem, vir die deel.] 

Sunday, 4 August 2024

Gedig: Hoeveel?

Hoeveel druppels in 'n bui reën,
hoeveel sandkorrels op die bodem van die see,
hoeveel sterre skitter in die nag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel lyne op jou hand,
hoeveel grond op die boer se land,
hoeveel ligstrale gee die son elke dag?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel sand in die Kalahari woestyn,
hoeveel erts in 'n steenkoolmyn,
hoeveel bloeisels dra 'n vrugteboom?
Soveel vergewe Jesus jou elke dag.

Hoeveel is Jesus' liefde vir jou?
Al hierdie dinge en nog vele meer.
Hy is opreg en getrou,
en Hy wag steeds op jou.

[Bron: Here, mag ek? Kosmos-gedigte Ina de Beer]